Blog

Visit the Danger Point Lighthouse!

Visit the Danger Point Lighthouse!

Gans-Berg Nuus / News

Goeie en welkome Vuurtoring-nuus

-Danger Point oopgestel vir 3 dae-

Goeie en welkome nuus vir inwoners en besoekers aan Gansbaai en omgewing! Danger Point Vuurtoring sal vir 'n volle 3 dae tydens die komende naweek oopgestel word: Saterdag (30 April), Sondag (1 Mei) en Maandag (2 Mei) vanaf 10:00-15:00. Inwoners en besoekers word aangemoedig om ons Vuurtoring te kom besoek - vir die eerste keer in 'n lang tyd.

Gedurende die naweek sal daar ongelukkig geen toegang tot by die bopunt van die Vuurtoring wees nie. Slegs die onderkant van die toring sal toeganklik wees. Hierdie is 'n tydelike reëling. Die oopstelling van die terrein en toring sal permanent gewysig word, sodra die MOU en ander relevante administratiewe aangeleenthede tussen Transnet Nasionale Hawe-owerheid, aan wie die eiendom behoort, die Overstrand Munisipaliteit en Gansbaai Toerisme gefinaliseer is. Gedurende die naweek sal lede van die 'Vriende van die Vuurtoringkomitee' beskikbaar wees om relevante inligting aan besoekers te verskaf. 

 
Fotokompetisie

Hierdie sal 'n ideale geleentheid wees vir die neem van foto's - bring jou kamera saam en skryf in vir die Fotokompetisie. Neem foto's van die Vuurtoring, die Birkenhead Gedenkteken en die pragtige uitsig oor die see. Plaas die foto's op die Gansbaai Toerisme Facebook-blad / tag @gansbaaitoerisme. Pryse te wen: koopbewyse vir ontbyt vir 2, asook koffie en koek vir 2 by Rosemary Country Kitchen.

Hierdie reëlings is moontlik gemaak deur 'n mondelinge ooreenkoms tussen die Uitvoerende Direkteur van Lighthouse Navigational Services; Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, dr Annelie Rabie, Raadsdame Riana de Coning; Overstrand Munisipaliteit; Glenda Kitley van Gansbaai Toerisme; Barnie Germishuys (voormalige Operasionele Bestuurder Lighthouse Services).

Vir meer inligting kontak Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme by 072 291 5564.

---

 
Good news! Visit the Danger Point Lighthouse

The grounds of the Danger Point Lighthouse will be open to the public on Sat 30th April; Sunday 1 May and Monday 2 May from 10h00-15h00. At this stage there will be no access allowed to the top of the Danger Point Lighthouse, only the bottom of the tower will be accessible. (This is a temporary arrangement which will become permanent once the MOU and other relevant administrative matters are finalized between Transnet National Ports Authority, to whom the property belongs, the Overstrand Municipality and Gansbaai Tourism) 

The members of the Friends of the Lighthouse Committee will be on hand to share relevant information and there will be an opportunity for plenty of photos.

 
Photo Competition

Photos taken on these three days can be entered into a competition. All you have to do is post the photo of the Danger Point Lighthouse / Birkenhead Memorial / View across the sea - on the Gansbaai Tourism Facebook page/tag @gansbaaitourism. Prizes include - a voucher for Breakfast for 2; one for coffee and cake for 2 - at Rosemary Country Kitchen.

The above arrangement is made possible by a verbal agreement between the executive director of Lighthouse Navigational Services; Mayor Annelie Rabie, Councillor Riana de Coning, Overstrand Municipality; Glenda Kitley of Gansbaai Tourism and Barnie Germishuys (ex-Operational Manager Lighthouse Services).

For more information contact Glenda Kitley, Manager: Gansbaai Tourism at 072 291 5564.

 
Hardus Botha
Visit the Danger Point Lighthouse!

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.