‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
Gans-Berg Nuus se voormalige en gereelde skrywer van die hengelrubriek, Seedinge (voorheen onder die skuilnaam, Seemeeu), Albert Potgieter (80), het wel verlede jaar sy 'hengelpen' neergelê, maar beslis nie sy liefde vir boothengel nie.
“Na baie jare van meestal groot bote, het ek onlangs besluit om af te skaal en het ek my boot, Kwaailappies II, verkoop en vir Pikkie (die naam spreek vanself!) aan die begin van April 2022 aangeskaf,” vertel Albert. Hy sê dat hy weet hy sal moet aanpas, want die bootjie is nie geskik vir wilde water nie. “Ek het al die nodige toerusting bekom en geïnstalleer en gaan met groot vertroue weer see toe - hoogtyd ook!”
“Ek sal noodgedwonge die ideale dae en weersomstandighede moet gebruik, maar ek voel baie geseënd om wel nog see toe te kan gaan,” het hy gesê. Hy het na 'n goeie Engelse gesegde verwys: “The proof is in the pudding!”
Oor Pikkie het Albert homself duidelik uitgedruk: “Pikkie is nié 'n 'amperbootjie' nie, hulle is 3.3m bootjies en Pikkie is 3.5m en ek is gemagtig om 1km see-in te vaar.”
Nadat Albert verlede jaar met die hengelrubriek opgehou het, het hy daarna nog 'n reeks van Seedinge-herhalings vir publisering beskikbaargestel. “Ek sal nooit genoeg van die wondere van die see kry nie, juis omdat ek daar al soveel lewenswysheid ervaar het,” het Albert destyds aan die Gans-Berg Nuus gesê. “Maar my liefde vir die see loop hand aan hand met die nodige respek daarvoor, asook die versekerde wete in my dat daar 'n Skepper is terwyl jy op see is.”
Albert se bekende en geliefde bote, Kwaailappies I en II, was alombekend. Hy wou voorheen ook na 'n kleiner boot oorskakel en het vir Pikkenien aangeskaf. Maar vir die 80-jarige Albert was Pikkenien te klein en hy koop toe weer 'n groter boot, Shiloh. Nou het hy finaal besluit dit is ernstig tyd om af te skaal en berus hom nou by sy 3.5m Pikkie!... en wat sê sy geliefde (en geduldige!) eggenote, Marie oor die nuwigheid? “Ek gooi net my hande in die lug - sy liefde vir boothengel sal eers ophou die dag wanneer hy nie meer regop kan staan nie!”
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.