Noodsaaklike hek vir LSG aan Voortrekkerstraat se kant

Noodsaaklike hek vir LSG aan Voortrekkerstraat se kant

Gans-Berg Nuus / News

Noodsaaklike hek vir LSG aan Voortrekkerstraat se kant

Verligting van verkeers-opeenhoping in Kerkstraat met die op- en aflaai van leerders, het amptelik op Vrydag, 6 Mei 2022 vir Laerskool Gansbaai (LSG) aangebreek.  Twee pilare en trappe is aan Voortrekkerstraat aan die skoolgronde se kant gebou en ‘n stewige staalhek is daar aangebring.  Hierdie hek sal deur die GR 6 en 7’s gebruik word om die verkeersdrukte aan Kerkstraat se kant te verlig.

“Ons het besef dat ‘n hek aan Voortrekkerstraat se kant ‘n noodsaaklikheid geword het,” het Lorraine Kok, voorsitter van die skool se Beheerliggaam gesê.  “Die verkeer en opeenhoping by die hek aan Kerkstraat se kant het net te erg begin raak.”

Christiaan Klotz, ‘n lid van LSG se Beheerliggaam, het die bestuur van die projek op hom geneem en die wiele is aan die rol gesit.  Daar is gevra vir donasies.  Twee Barmhartige Samaritane het na vore gekom wat die projek in geheel geborg het - hulle is Johan en Chantel Botha van Brandlove, ‘n Internasionale Opleidingsfirma.  “Ons dogtertjie, wat nog nie lank hier is nie, het tuis vir ons van die projek vertel,” het Chantel gesê.  “Sy het sommer bygevoeg, ‘ag, wil pappa dit nie maar vir die skool doen nie, asseblief?.”  Wie kan nou nee daarvoor sê en Johan en Chantel het besluit om die projek te borg.

Nog twee besighede wat genooi is om die geleentheid by te woon, is Build It en Computer Hut.  Hulle het onderskeidelik veiligheidskameras by die onderskeie hekke gedeeltelik geborg, waarvoor groot dankbaarheid bestaan. 

Nadat Chantel die tradisionele lint geknip het vir die amptelike opening van die hek, is sy en Johan, asook Beheerliggaamslede en onderwysers genooi om verversings in die personeelkamer saam te gaan geniet.

 
Hardus Botha
Image 1
Chantel Botha knip die lint, met Johan Botha links en Christiaan Klotz regs.
Image 2
Johan en Chantel Botha by die hek, met Beheerliggaamslede agter hulle.
Noodsaaklike hek vir LSG aan Voortrekkerstraat se kant

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.

SAPS News This Week

SAPS News This Week

A recent update from the Gansbaai SAPS showcases 2 cases that happened in late March and Early April in the Overstrand.