Birkenhead Boothengelklub: Kompetisie Uitslae...
Die Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
“Ek is baie dankbaar dat ek na ‘n lang tyd my droom vir my eie Gospel CD kon verwesentlik,” vertel Eliza Felix. Haar eerste CD is onlangs vrygestel, met die gepaste naam: ‘God is op die Troon’, wat ook die eerste van 9 gospel-liedjies op die CD is.
Eliza se CD is reeds vrygestel en beskikbaar, maar word eers op 25 Junie 2022 amptelik bekendgestel.
Die geleentheid sal in Gansbaai Primêr se skoolsaal aangebied word. “Dit is ‘n geleentheid waarna ek baie uitsien,” vertel sy. “Ek het hoofsaaklik op my eie gewerk, maar befondsing is maar altyd ‘n probleem.”
Eliza is ‘n gebore Gansbaaier en was sowat 5 jaar gelede ‘n baie bekende lid van Ikamva Jeugontwikkeling saam met Yolandé Sauls. “Dit was goeie jare vir my gewees, aangesien ‘n baie lief is vir die jeug en gemeenskapswerk,” vertel Eliza. “Daarom wil ek ook nou op jeuglede met sangtalente fokus om hulle te help en te oortuig dat hulle ook groot hoogtes kan bereik.”
Eliza is met Andrias Felix getroud en die egpaar het 4 kinders. Sy dien ook op die Kerkraad van past Sampie Jacobs se Betel Ministries. Eliza werk al vir die afgelope 5 jaar as Assistent Bestuurder by Premier Fishing in die Protea Sentrum onder leiding van JP Coetzer.
Belangstellendes kan Eliza Felix by 078 476 1129 kontak.
Foto: Eliza Felix
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
The Overberg Police Service is without any doubt ready for the Overberg Festive Season.
Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch...
Al gehoor van ‘n Porseleinpop ‘Koningin’? Mada Vorster van Franskraal verdien beslis hierdie ‘titel’.
A Belgian couple, Chris Vleugels and his wife, Tessa, visited Gansbaai for a second time on Friday, 1 November 2024.
Gansbaai NG-gemeente vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar - 1944 tot 2024...