BARC kry ‘n LSG-Pantoffeldag verrassing

BARC kry ‘n LSG-Pantoffeldag verrassing

Gans-Berg Nuus / News

BARC kry ‘n LSG-Pantoffeldag verrassing

Vrydag, 6 Mei 2022 was Pantoffeldag en die dra van pantoffels werk en skool toe het vir baie pret gesorg. Laerskool Gansbaai (LSG) se onderwysers en leerders het nie teruggestaan nie en hulle het met pantoffels skool toe gegaan.

Die inpirasie van Pantoffeldag was so groot, dat hulle net daar besluit het om fondse vir BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) in te samel. Nols Jonas, BARC se Veldwerker het van g’n sout of water geweet nie. 

“Ek het net ‘n oproep ontvang om ‘n draai by die laerskool te gaan maak,” vertel Nols. Daar aangekom, is hy deur die skoolhoof, Jonathan Doyle meegedeel dat die leerders spontaan en op eie inisiatief besluit het om fondse vir BARC in te samel. Die pragtige bedrag van R1 568.10 is aan Nols oorhandig, asook sakkies honde- en katkos. Dis nou wat spontaniteit is en dit nogal nie deur ‘n groot besigheid nie, net sommer uit die harte en op die ingewing van die oomblik deur LSG se leerders, waarvoor BARC baie, baie dankie sê!

 
Hardus Botha
Image 1
LSG se skoolhoof, Jonathan Doyle oorhandig die leerders se ‘Pantoffeldag-donasie’ aan Nols Jonas van BARC.
Image 2
...en oom Nols Jonas van BARC sê baie, baie dankie, LSG-leerders!
BARC kry ‘n LSG-Pantoffeldag verrassing

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.

SAPS News This Week

SAPS News This Week

A recent update from the Gansbaai SAPS showcases 2 cases that happened in late March and Early April in the Overstrand.