Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Die sogenaamde ‘1st Thursday’, elke drie maande, is ‘n geruime tyd voor Covid-19 deur die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Annelie Rabie ingestel. Dit het ten doel om inwoners geleentheid te bied om letterlik enige vrae oor munisipale dienslewering te stel.
Kort vóór die uitbreek van die pandemie, is ‘1st Thursday’-dae in Hermanus en Kleinmond aangebied. Die pandemie het die aanbieding in Gansbaai verhoed. Gansbaai se ‘geskiedkundige’ eerste dag het op Donderdag, 5 Mei 2022 in die Toerismekantoor plaasgevind. Die byeenkoms is goed deur inwoners met vrae bygewoon en geen vooraf besprekings was nodig nie.
Die Burgemeester en haar span deskundiges het hulself ordelik in onderskeie groepe, volgens die verskillende Direktorate, verdeel. Dit het meegebring dat vrae deur inwoners direk aan die spesifieke Direktoraat-hoofde gestel kon word. Dr Rabie het elkeen van haar bestuurders, asook politici, persoonlik aan die besoekers voorgestel. “Op hierdie wyse kan ons eerstehands uitvind waar ons as munisipaliteit kan verbeter en ook om ons ekonomie en dienste te kan uitbrei,” het sy gesê. “Dit is ook die ideale geleentheid vir inwoners om direk kontak te maak met die politici, asook administratiewe-hoofde.”
Foto 1 (Regs): Raadsdame Riana de Coning, Raadsdame Annelie Rabie (Burgemeester), Dianne Galant
en die Munisipale Bestuurder, Dean O’Neill.
Foto 2 (Bo): Van die politieke verteenwoordigers in ‘n gemoedelike stemming.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!