‘Tragiese’ dolos-verhaal van 1966
Die gebruik van dolosse om hawens teen breekwater te beskerm, is algemene kennis, moontlik ook die feit dat dit 'n Suid-Afrikaanse uitvinding is.
“Die feit dat ons lewend is en ook sonder baie ernstige beserings is, kan alleenlik aan die genade van ons Hemelse Vader toegeskryf word,” vertel Bennie du Toit van Perlemoenbaai. Bennie en sy eggenote, Elmarie, asook hulle dogter, Elzaan (19) het Saterdag, 7 Mei 2022 ter nouer nood aan die dood ontkom tydens ‘n motorongeluk.
Die gesin was van Hermanus af op pad na Gansbaai. By Sir Robert Stanford Estate, net buite Stanford, het Bennie vir ‘n skilpad uitgeswaai. “Ek moes my misgis het, want die volgende oomblik is die motor oor die pad, dwarsdeur die houtheining,” het Bennie gesê. Met die botsing het die voertuig tussen die twee vertikale houtpale ingebars, met die boonste horisontale paal wat met die impak van die botsing, dwars geswaai het.
Die paal het letterlik van voor tot agter deur die binnekant van die motor gesteek. Elzaan het voor langs Bennie gesit en Elmarie op die linker agtersitplek. “Toe ek sien wat gebeur, het ek net my kop laat sak en my oë toegemaak,” vertel Elmarie. Die paal is rakelings tussen Bennie en Elzaan deur en het Elmarie se kop en gesig met millimeters gemis (Sien die foto met die geel kring waar haar kop langs die paal se punt was).
Om na die foto’s te kyk en daaraan te dink dat daar geen ernstige beserings of lewensverlies was nie, is om te besef dat dit net aan God se Genade toegeskryf kan word - en al drie van hulle getuig met dankbaarheid daarvan.
St Johns Ambulansdienste, wat met ‘n pasiënt na Hermanus op pad was, was feitlik dadelik op die toneel. Die polisie het ook baie vinnig opgedaag. Bennie het net skrape aan die kant van sy gesig, met steke wat hy in sy kop gekry het. Elmarie sy lyf is vol blou kolle en sy het ook skrape opgedoen. Terwille van moontlike besering wat X-strale benodig het, is Elmarie per ambulans na Hermanus vervoer, maar is direk daarna weer ontslaan. Sy het wel agterna van effense rugpyn gekla. Elzaan se pinkie is potblou, maar sy het gesê dit voel al heelwat beter - “Ek het net verskriklik groot geskrik!”
Bennie is ‘n bekende werknemer van Gansbaai Marine, met Elmarie wat eweneens ‘n bekende Suster by Gansbaai Kliniek is. “Met my verjaarsdag ‘n paar dae na die ongeluk op 11 Mei, het ek opnuut besef hoe dankbaar ons kan wees en dat ek steeds my verjaarsdag saam met my gesin kon vier,” het Elmarie gesê.
Bennie vertel dat hierdie tyd van die jaar nie goeie nuus vir hom inhou nie. Presies ‘n jaar gelede het hy ernstige kopbesering opgedoen nadat hy met sy fiets in die hawe geval het. ‘n Jaar voor daardie voorval, het hy ook in Meimand onder ‘n trekker, wat omgeval het, beland toe hy iemand se lewe wou probeer red - ook kopbeserings.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie gebruik van dolosse om hawens teen breekwater te beskerm, is algemene kennis, moontlik ook die feit dat dit 'n Suid-Afrikaanse uitvinding is.
In 2023, aan die begin van Desembermaand, het verbygangers se koppe behoorlik in die rigting van Hoofstraat 30 gedraai.
Gansbaai Wynproegilde se afsluitings-wynproe op Dinsdag, 19 November 2024 in die Great White House restaurant...
Die trotse wenners van Saterdag, 21 Desember 2024 se Gansbaai Classic Gholfdag se 4BBB Stableford (Preferred Drive)...
‘n Oorsese Toutrektoernooi het uiteindelik vir Janconet Vermeulen van Gansbaai aangebreek...
Ons agter-agterkleinkind het die Somer vir ons in Franskraal aangekondig terwyl sy opgewonde op pad see toe was met haar grafie en emmertjie...