Blog

Prestige Opening van BUCO Bou- en Hardewarewinkel

Prestige Opening van BUCO Bou- en Hardewarewinkel

Gans-Berg Nuus / News

Prestige Opening van BUCO Bou- en Hardewarewinkel

Die amptelike opening van BUCO Bou- en Hardewarewinkel in Seemeeustraat in die Industriële gebied het met prag en praal op Donderdag tot Saterdag, 12 tot 14 Mei 2022, plaasgevind. Die puik span van CFM Wireless, Caledon FM, Debbie Watson en Ann Marais, was daar om verdere opwinding aan die opening te verleen.

Image 1
Image 2
KFM se vrolike span, Ann Marais en Debbie Watson.
Image

Worsbroodjies en koeldranke is gratis uitgedeel en belangstellendes het nie net na die produkte gekyk en dit bespreek nie, hulle het ontspanne gesels en gekuier, asof dit ‘n kerkbasaar was. Personeel het flink rondbeweeg en geen vraag is onbeantwoord gelaat nie. Frikkie van Zyl van Gansbaai en Kerry Yates van Alcolin was die gelukkige wenners van geskenkpakke met produkte daarin. Die Gansbaai-takbestuurder is Nico Brand en hy is bygestaan deur die Hermanus-takbestuurder, Neil Mulder en die Streeksbestuurder, Dean White.

Dean vertel dat die naam, BUCO saamgestel is deur die personeel wat vir ‘n naam moes stem. “Ons personeel is ons trots en ons wou hê hulle moes die naam uitleef, daarom is hulle deel van die proses gemaak.” BUCO word as ‘n veelsydige bou- en hardewarewinkel beskou.

BUCO is sowat 10 jaar in bedryf en is deel van die Pepkor-groep. Hierdie groep bestaan uit sterk besighede wat al baie jare bestaan en handel dryf. Dean sê ander bekende name in die Pepkor-familie is onder andere PEP Stores en Ackermans. Verder het die groep uit baie ander onafhanklike besighede, insluitend die destydse Pennypinchers, onstaan en almal is saamgevoeg onder die BUCO-naam. “Ons oudste winkel het onlangs sy 100ste bestaansjaar gevier,” het hy gesê. “Tans is daar 107 takke tussen BUCO en Timbercity.” BUCO se Hoofkantoor is by die Kaapstadse Lughawe (Execujet-gebou) geleë.

Wat Gansbaai betref, het Dean gesê hulle wil hulself deeglik vestig as ‘n betroubare bou- en hardewarewinkel met uitstekende dienslewerling. “Ons hoofdoel is om ‘n alternatief aan die gemeenskap te bied,” sê hy. “Ons sal aanhou om daarna te streef om produkte aan die gemeenskap te bied wat aan hulle behoeftes voldoen.” Die groep het ook suksesvolle dak-kap vervaardigingsaanlegte, met geskoolde ontwerpers om die ideale dak te ontwerp. “Ons voel die tyd is reg om in Gansbaai te belê en is opgewonde oor die geleenthede en potensiaal vir groei in hierdie omgewing.”

“Graag wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om vir die Groter Gansbaai gemeenskap baie dankie te sê,” het Dean afgesluit. “Ons is hartlik verwelkom op die openingsdae en die vooruitsigte is daar dat ons saam ‘n sinvolle pad met die gemeenskap gaan stap en wil ook die gemeenskap deelmaak van ons BUCO-familie wat na almal se behoeftes en belange sal omsien.”

Image 1
Die pryswenners, Frikkie van Zyl en Kerry Yates.
Image 2
Nico Brand, Gansbaai-takbestuurder, gesels met KFM se Ann Marais.
 
Hardus Botha
Prestige Opening van BUCO Bou- en Hardewarewinkel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...