Blog

Bietoubos Damesklub

Bietoubos Damesklub

Gans-Berg Nuus / News

Bietoubos Damesklub

Geopende Deure se skokkende statistieke.

“Ons byeenkoms van 10 Mei 2022, met emeritusleraar, ds Dries van der Merwe, ‘n vrywillige werker vir Geopende Deure as ons gasspreker, was met interessante, maar ook skokkende inligting gevul,” vertel Elizma de Lange van die klub. “Dié nie-winsgewende organisasie is 'n stem vir vervolgde gelowiges in meer as 60 lande waar daar teen Christene gediskrimineer word,hulle in tronke gegooi word of selfs vir hulle geloof vermoor word, of net verdwyn.”

Elizma sê die toehoorders was geskok om na al die statistieke wat op ‘n daaglikse basis met Christene wêreldwyd gebeur, te luister:

1-7 Christene word vervolg; 16 Christene word doodgemaak; 14 geboue word aangeval; 17 Christene word in hegtenis geneem; 11 Christene word ontvoer.

Image

“In Noord-Korea word die meeste Christene vervolg,” het Dries gesê. “Hier gebruik hulle dikwels onskuldige kinders om inligting te bekom of hul ouers Bybels besit of nie en dan is dit nie ongewoon dat sodanige ouers net op ‘n dag verdwyn nie.” Dries sê om dit nog meer duidelik te stel: Noord-Korea is die land waar gelowiges die meeste vervolg word. Dries het ‘n boek, ‘Missing in North Korea’ deur Jan Vermeer, vir die dames gelos om ondermekaar te sirkuleer. 

Elizma sê by die aanhoor van dié en nog meer inligting, het die gaste opnuut besef dat ons nooit dankbaar genoeg kan wees vir die godsdiensvryheid wat ons nog in Suid-Afrika kan geniet.

Die gesellige maandelikse kuiers met heerlike verversings bly deel van die byeenkoms. Dan is daar natuurlik ook die hardwerkendes wat agterna vir die skottelgoed moet sorg! Die gaste kry ook kans om persoonlik met die gasspreker te gesels en vrae te vra. Dit alles maak dit die moeite werd om 'n oggend saam met die Bietoubossers te spandeer.

 
Hardus Botha
Bietoubos Damesklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!