Toeka Se Koerantberigte

Toeka Se Koerantberigte

Gans-Berg Nuus / News

Toeka Se Koerantberigte

-Gansbaai Herald @ R2.30 & R3.00-

Dit het alles begin by Robbie Nelson, voorsitter van die Birkenhead Boothengelklub se 6.55kg galjoen (Gans-Berg Nuus, 27 Mei 2022). “Toe Robbie verlede week die galjoen van 6.55kg vang, onthou ek mos die dag toe ek my 4kg galjoen in 2001 gevang het,” vertel Charlie Steyn, ‘n bestuurslid van dieselfde boothengelklub. Toe raak die nuuskierigheid een te veel en Charlie se twee goedbewaarde koerante (28 September 2001 & 26 September 2003) word verder deurgeblaai vir enkele Toeka-berigte! 

 
Beskrywing van die meegaande foto’s:
image left
Foto 1: (September 2001)

Charlie vertel dat Francois de Jong, destydse redakteur/eienaar van die Gansbaai Herald, hom op die voorblad van die uitgawe, 28 September 2001, geplaas het - hy het ‘n 4kg galjoen gevang. “Wel ietwat kleiner as Robbie se galjoen, maar ek en my galjoen het op die voorblad gepryk!” spog Charlie.

“Hierdie tamaai galjoen van 4kg en 52cm is die aggelope naweek deur Charlie Steyn gevang. Hy het die galjoen-kompetisie net-net gemis. Lyk my die ou grotes tart die vissermanne behoorlik uit, aangesien verlede jaar net na die sluiting van daardie galjoen-kompetisie, ook weer ‘n wen-galjoen was, maar die vissermanne was te laat om hom in te skryf.”

Image
 
Foto 2: (September 2001)

“BARC Hondeskou: Saterdagoggend om 10:00 vind die immergewilde BARC Hondeskou plaas. Hierdie kompetisie is ‘n moét vir honde-liefhebbers en almal word vriendelik genooi om in te skryf. Die fondse wat gegenereer word, word geskenk aan die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) wat dit baie goed kan benut. Ondersteun hulle gerus!”

image left
 
Foto 3: (26 September 2003)

‘n Ou legende, Piet Germishuys, alias Piet Swullers, van Gansbaai, is verlede week oorlede. Hy was bekend vir sy talle toertjies met brandende sigaretstompies en die eet van wynglase. Die bekendste van sy mannewales in die geskiedenis van Gansbaai, bly egter die dag toe hy ‘n pofadder middeldeur gebyt het!” - Dit word gevolg deur ‘n lewensskets van Piet en baie van sy toertjies.

 
Foto’s 4 & 5”: (September 2003)

“Goed, maar nie klinies en doeltreffend genoeg nie. So kon ‘n mens die gevoel van die Black Leaves kamp opsom na sy oorwinning met 12-7 teen Bella Vista van Ceres in die laaste uitspeel-wedstryd van Boland se Top 6 Kompetisie.” - wyle George Brett.

Image 1

Foto 4 onderskrif: “’n Bella Vista springer raap die bal uit die lug voor Black Leaves se neuse in ‘n lynstaan.”

Image 2

Foto 5 onderskrif: Jason Philander (vleuel van Black Leaves) maak sy rug krom om uit die kloue van sy opponent te bly.”

 
Hardus Botha
Toeka Se Koerantberigte

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...