Legendariese Vuurtoringwagter Vir 35 Jaar

Legendariese Vuurtoringwagter Vir 35 Jaar

Gans-Berg Nuus / News

Legendariese Vuurtoringwagter Vir 35 Jaar

image left
-Koos de Kock-

Op 2 Augustus 1960 begin Koos de Kock (81) van Franskraal se opleiding as vuurtoringwagter, ‘n beroep wat hy vanaf kindsbeen af gekoester het. Na 6 maande se opleiding by Portnet Lighthouses in 1960, het sy droom werklikheid geword. Vir die daaropvolgende 21 jaar (1961-1982) doen hy diens by 5 verskillende vuurtorings as assistent vuurtoringwagter. Met ingang van 30 Augustus 1982 word hy na senior vuurtoringwagter bevorder, ‘n pos wat hy tot en met sy aftrede in 1995 bekleë het. 

Gedurende sy loopbaan werk hy as assistent vuurtoringwagter by die volgende vuurtorings: Dias Point (4 jaar); Cape Columbine (4 jaar); Dassen Island (2 jaar). As senior vuurtoringwagter werk hy daarna by Dias Point vir 4 jaar, waarna hy vir sy laaste 9 jaar by Dangerpoint, Gansbaai werk. Op 31 Augustus 1995 tree Koos uit diens by Portnet Lighthouses - ná 35 diensjare.

Koos word vereer met ‘n Sertifikaat wat deur die Hoofuitvoerende Beampte aan hom oorhandig is. Dit was vir sy 35 jaar van ononderbroke diens by Portnet Lighthouses as assistent- en senior vuurtoringwagter. Gedurende sy ampstermyn het hy 53 keer by sowat 18 vuurtorings afgelos. ‘n Jaar voor sy aftrede word hy vereer met ‘n Meriete Toekenning in 1994 van Portnet Lighthouses. Dit was vir die bydrae wat hy gelewer het met Dangerpoint wat as die Beste Eenman Vuurtoring vir 1994 aangewys is.

‘n Berig in die Gans-Berg Nuus van 22 April 2022 oor Collin Olivier na sy afsterwe, ‘n voormalige vuurtoringwagter, het verwarring veroorsaak. In ‘n telefoniese onderhoud met Collin se eggenote het sy foutiewelik na Collin se diensaanvaarding as 1985 verwys, asook na sy 35 jaar diens, wat net 22 jaar moes gewees het. Koos het die foutiewe inligting onder ons aandag gebring, wat nou reggestel is.

 
Die mens, Koos de Kock

Koos is op 25 Augustus 1940 in die Napierdistrik gebore. Na sy geboorte is hy saam met sy ma, Anna (Enna) per boot vanaf Tafelbaai na Ichabo-eiland naby Luderitz, waar sy pa, Servaas de Kock as Hoof werksaam was. Later is sy pa na Malgas-eiland naby Saldanhabaai verplaas en nog ‘n jaar later na Saldanha waar hy in beheer van ‘n eiland-patrollieboot was.

Na sy skoolopleiding in Saldanha en daarna in Vredenburg, verrig Koos sy verpligte militêre diensplig in die destydse Vloot Gimnasium in Saldanha. As kind het Koos gereeld Desember skoolvakansies by Uilenkraalsmond deurgebring. Op 27 November 1965 tree hy in die huwelik met Sophia (née Matthee) van Baardskeerdersbos-distrik. In 1975 koop hy ‘n erf in Franskraal, waar hy ‘n paar jaar later hulle huis laat bou het - waar hy steeds woon.

Koos was ook aktief en passievol op hoë vlak van boot- en see veiligheidsaspekte betrokke - tydens sy diensjare, asook na sy aftrede. So was daar onder andere sy betrokkenheid as veiligheidsoffisier by Boothengelklubs, gemagtigde Veiligheidsoffisier van SADSAA (South African Deep Sea Angling Association), Kleinbaai Sleephellingbeheer, eksaminator vir skipperbevoegdhede, Small Vesel Surveyor vir SAMSA (South African Maritime Safety Authority), landelike bemanningslid van NSRI (National Sea Rescue Institution) - om maar net enkele aktiwiteite te noem. In 1995 was hy ook betrokke by die eeufeesvieringe van Dangerpoint Vuurtoring.

In Koos se studeerkamer pryk daar talle sertifikate en toekennings wat aan hom uitgereik is, asook enkele hoogaangeskrewe glanstydskrifte waar verskeie berigte, ingesluit ‘n volledige profiel, oor hom gepubliseer is. Voorwaar ‘n formidabele man met ‘n vol see-lewe om na terug te kyk. Behalwe vir ‘n normale klagtetjie hier en daar, verkeer Koos steeds in goeie gesondheid - ‘dis net die selfoon se volume wat bietjie ‘aangedraai’ moet word om beter te kan hoor!

 
Hardus Botha
Image 1
‘n Jonger Koos de Kock in Dangerpoint Vuurtoring.
Image 2
Koos de Kock met ‘n jong Afrika Pikkewyn, nadat hy sowat 700 pikkewyne op sy eie vanaf Dyer Island na SANCOM naby Kaapstad vervoer het.
Image 1
Dangerpoint Eeufeesvieringe (31 Desember 1994 - 1 Januarie 1995) met Koos de Kock en die ‘Lantern Meisie’ voor.
Image 2
Koos de Kock saam met die ‘Lantern Meisie’ tydens die Dangerpoint Eeufeesvieringe.
Legendariese Vuurtoringwagter Vir 35 Jaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...