Blog

Pearly Beach se ‘Smartieboks-Huis’

Pearly Beach se ‘Smartieboks-Huis’

Gans-Berg Nuus / News

Pearly Beach se ‘Smartieboks-Huis’

...met ‘n kleurvolle vrou daarbinne
image left

“Ek verf enige ding wat in my pad kom,” vertel Dorothy Janse van Vuuren van Pearly Beach. “As jy lank genoeg stil sit tydens die onderhoud, verf ek jou ook!” Kyk mens na Dorothy se huis van buite af, maar ook binne waar dit byna soos ‘n museum lyk, kan jy dink dat sy nogal bedoel wat sy sê.  Daar was geen formele kunsopleiding nie, sy het net een oggend opgestaan en besluit sy gaan begin verf en skilder.

Dorothy en haar eggenoot, Leon, is oorspronklik van Johannesburg en woon die afgelope 5 jaar in Pearly Beach. “Ons is 25 jaar saam, waarvan ons 22 jaar getroud is en saam het ons 7 kinders,” vertel sy. “Ek en Leon trou elke jaar opnuut en dis baie opwindend om dit te doen.”

Buite om die huis is dit ‘n belewenis om te aanskou - ‘n toonbeeld van ‘n ‘Smartieboks-huis’. Dit is kleur op kleur op kleur - die huis se mure, asook die verskeidenheid van selfgemaakte ornamente in die tuin.  Binne is dit die een skildery op die ander en selfs laaikaste word verskillende kleure geverf, met ‘n ou yskas wat op sy sy lê, wat ook geverf is.  Selfs ‘n kunstige kandelaar wat uit die plafon hang, is van dryfhout en wynvatringe gemaak, om nie eens van die bontgeverfde trapleer te praat nie. Die woonkamer is van hoek tot kant met ornamente en selfs stapels ou reistasse gevul. “Ek kan nie ‘n ou reistas weerstaan nie, dis asof ek my inleef in waar die tas oral ‘getoer’ het en hoeveel ‘lewenswinters’ daarin opgesluit lê.” Met ‘lewenswinters’ verwys Dorothy na die innerlike seerkry van mense.  

Sy vertel dat niks wat sy doen of aanpak ‘plein en simpel’ is nie, dit moet net eenvoudig anders wees, want dít is Dorothy.  Selfs haar brode wat sy bak is anders en kunswerke op hul eie. Sy sê sy tree ook nie so op om mense te beïndruk nie, “ek is maar net wat ek is.” Om hier te lees oor wat alles in haar huis is, is dalk om te dink dit kan ‘goedkoop’ lyk - groot fout - elke ornament, elke kas, elke skildery, elke alles in en om haar huis spreek van ‘n absolute kunstalent en goeie smaak. Hierdie sprankelende en spontane mens raak vir ‘n oomblik stil en kyk die onderhoudvoerder direk in die oë: “Om alles te verf, is vir my om lewenstrauma en lewensseer toe te verf - lewenswinters!” - dan verstaan mens beter. Selfs haar elektriese fiets is kunstig bont geverf en sy noem hom haar ‘Harleymysin’, met ‘n prominente spaarwiel wat op die fiets aangebring is.

Wat ‘n belewenis van ‘n onderhoud met ‘n sprankelende en spontane vrou was dit nie. Eintlik kan ‘n boek en nie ‘n berig oor haar geskryf word, asook met haar eie ‘lewenswinters’ van seerkry agter die rug - maar met ‘n vreugde in haar binneste teenoor elkeen wat haar pad kruis. 

 
Hardus Botha
Pearly Beach se ‘Smartieboks-Huis’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!