‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
Die beeldskone Marciel Hopkins (28), ‘n voormalige Mej Suid-Afrika Finalis in 2016, toe 22, en ook die bekende Kupido van Boer soek ‘n Vrou, het op 9 April 2022 Mev Marciel Hopkins-Lourens geword toe sy met Handré Lourens (31), ‘n Finansiële Bestuurder, in die huwelik getree het - ou nuus, sou mens kon sê - maar wie onthou haar besoek en spontane optrede in Gansbaai sowat 6 jaar gelede gedurende November/Desember 2016?
Marciel het teen die einde van 2016 in Franskraal kom vakansie hou om te rus. Terloops, dit is ook in Franskraal waar sy haar groot liefde, Handré in Desember 2015 vir die eerste keer ontmoet het toe hulle altwee met vakansie hier was - min wetende dat Handré haar huweliksmaat sou word. Marciel het toé gesê al haar aandag was op haar deelname aan Mej Suid-Afrika toegespits en haar ‘kop was nie by kêrels’ nie! Tog het altwee agterna erken dat hulle wel bewus was van ‘n onmiddelike aantrekkingskrag tussen hulle. Handré vertel egter dat hy toe al geweet het Marciel is sy trouvrou! Die nuus oor haar teenwoordigheid in ons omgewing het vinnig versprei. Ná ‘n ontmoeting met die skrywer hiervan, het sy vir hom gesê al het sy kom rus, beteken dit nie dat sy niks hoef te doen nie. “Ek ken hierdie wêreld reeds van kindsbeen af met ons familie wat sowat 20 jaar hier vakansie hou,” het Marciel destyds gesê. “My oupa, Henry Hopkins, het oorspronklik ‘n huisie in Uilenkraalsmond Vakansie-oord gehad, maar nou het my ouers, Charles, bekende wynmaker, en Annaline Hopkins, 'n strandhuis in Franskraal aangeskaf.” Sy het dus van kleins af hier vakansie gehou en vertel hoe sy nog onthou dat dit so primitief was dat haar ma haar badwater vir haar moes warm maak.
Marciel se bereidwilligheid om by gebeure en spesiale geleenthede in Gansbaai en omgewing betrokke te raak, is met altwee hande aangegryp. Dit was Desembermaand en baie vinnig moes sy verskeie dagboekaantekeninge maak: beoordeling van Mnr en Mej Uilkraal, medalje-oorhandigings by Gansbaai Lionsklub se Oujaars-Halfmarathon, besoeke aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Gansbaai Toerisme, die Kersmark en nog meer. Tydens haar optredes in Gansbaai, het sy haarself as ‘n ware omgee-mens bewys en ook die kinders se harte gesteel. Vir haar gewilligheid en spontane samewerking, het skrywer hiervan probeer opmaak en vir Wilfred Chivell van Dyer Island Cruises van Marciel gaan vertel. Wilfred het dadelik ingestem tot ‘n gratis eko-walvisbesigtingings-bootrit vir ons belangrike besoeker.
Marciel en Handré het ‘n sprokiestroue in ‘n unieke kapel op ‘n eilandjie in die Bergrivierdam tussen die Hottentots-Hollandberge op die La Roche-wynlandgoed buite Franschhoek gehad. Die detail van hulle troue is aan almal bekend met verwysing na sosiale media en tydskrifte. Nadat bepaalde publikasieregte van tydskrifte verstryk het, het Marciel ingewillig om van haar eie foto’s met Gans-Berg Nuus te deel. Gans-Berg Nuus wens Marciel en Handré vele geseënde en gelukkige huweliksjare toe, met die hoop dat hulle tyd sal vind om weer in Franskraal te kom kuier en nie van ons sal vergeet nie!
In 2014 het Marciel haar BA Drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi, waar sy ook Primaria van die dameskoshuis, Huis ten Bosch, was. Aan die einde van 2015 het hierdie aantreklike slimkop ook haar Sielkunde Honneurs te Stellenbosch verwerf. Sy het ook as vrywilliger beroepsvoorligting in Kayamandi vir Gr 9 leerders aangebied. “My passie in die lewe is opvoeding en die ontwikkeling van vaardighede. My belangrikste boodskap aan Suid-Afrika se vroue is: Moet nooit beperkinge vir jouself stel nie, droom groot en werk hard om dit ‘n realiteit te maak!” het Marciel destyds gesê.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.