Blog

Baardskeerdersbos Orkes steeds aan die musiek maak!

Baardskeerdersbos Orkes steeds aan die musiek maak!

Gans-Berg Nuus / News

Baardskeerdersbos Orkes steeds aan die musiek maak!

Sommer so met die instap by Gans-Berg Nuus se kantore, het André Fourie met die deur in die huis geval: “Ek en Stoffel Fourie is hier om vir jou te sê die Baardkeerdersbos Orkes bestaan nog en tree nog op!” Hy voeg terloops by: “In die berig van 3 Junie 2022, ‘NG Kerk Eeufees op Baardskeerdersbos’, word daar verkeerdelik na die Baardskeerdersbos Orkes verwys - dit was nie ons wat gespeel het nie.”

André vertel dat die orkes tot en met Manie Groenewald se heengaan vir 27 jaar gefunksioneer het. Die oorblywende orkeslede, Stompie Heins, hyself, Piet Smit en Stephan van der Westhuizen het besluit om met Manie se kosbare nalatenskap van die Baardskeerdersbos Orkes voort te gaan - hulle wou nie dat daardie nalatenskap verlore gaan nie. Intussen is Dries van Bosch (konsertina-speler) en Piet Smit (treklavier-speler) oorlede. “Sedertdien het die orkes aangehou met speel en opgetree, net met nuwe bloed,” sê André. Aangesien baie van die oorspronklike orkeslede familie-verbintenisse gehad het, het die groep besluit om nog familielede (neefskinders en kleinneefs in die volgende geslag), wat voor Manie grootgeword het, by die orkes te betrek. Daardeur wou hulle probeer om die kultuur en styl van die orkes te behou.

“Daar bestaan dus geen twyfel dat die Baardskeerdersbos Orkes nog volstoom voortgaan nie,” het Stoffel bygevoeg. Tans bestaan die orkes uit: André Fourie (orkesleier, kitaar en sang); Stompie Heins (banjo); Stephan van der Westhuizen (dromme); Stoffel Fourie (kitaar en sang); Neill Aspeling (trekklavier); Tobie Keyser (konsertina).

‘n Unieke kenmerk van die Baardskeerdersbos Orkes is dat dit nog altyd ‘n familie-agtergrond, asook sy oorsprong, in Baardskeerdersbos gehad het. Hulle het ook van kindsbeen af saam by Uilenkraalsmond musiek gemaak. Later jare het hulle as volwassenes by Uilenkraalsmond gespeel, veral op Oujaarsdag. Dan het hulle 4-uur die middag begin speel en hulle mag nie voor sonsopkoms die volgende dag opgehou het nie. Nog ‘n interessante kenmerk van die groep is dat hulle nooit bymekaarkom om te oefen nie - hulle het nog altyd net gespeel en opgetree. “Ons voel ook trots omdat ons destyds vir die FNB Musical Awards genommineer is, al het ons nie gewen nie,” vertel André.

Vir die interessantheid daarvan, vertel André dat daar ‘n Strandveld-orkes was wat in 1980 gestig is, maar in 1984 ontbind het. In 1985 stig Manie Groenewald, Willie de Villiers, Eben Benade en Klaas Lötter weer ‘n orkes, sonder ‘n spesifieke naam. In 1989 tree hulle by ‘n Kerkfunksie op en die leraar vra wat die orkes se naam is - Manie haak toe af en sê hulle is die Pavement Specials - en so speel hulle toe. In 1991 word hulle genooi om op die destydse ‘Moedskeptrein’ (Blommetrein) vanaf Kaapstad na Bredasdorp te speel. Elsabé du Plessis vra toe ook wat die orkes se naam is. By die aanhoor van Pavement Specials, het sy botweg geweier en gesê so ‘n naam is onaanvaarbaar - ek noem julle die Baardskeerdersbos Orkes!

Nog ‘n wonderlike treinrit-ervaring vir hulle was op die Merino-treintoer vanaf Worcester na Ermelo (6-12 Maart 1995). Hulle het op die trein gespeel, asook tydens die Ermeloskou. “Met ons terugkeer was die orkes ‘ge-olie’ en ons het begin om CD’s te maak,” vertel André. Hulle eerste CD was ‘Strandveld Jolyt’ en die tweede een ‘Gooi Los’. Manie was ‘n gesoute boothengelaar en ‘n man van die see. Die naam ‘Gooi Los’ is ‘n vissermansterm wat uitgeroep word wanneer die ankertou los van die kaai gemaak moet word as die boot see toe gaan.

Die Baardskeerdersbos Orkes beplan om weer meer gereeld op te tree. “Ons kan ook tydens groot funksies optree, aangesien ons oor die regte klanktoerusting vir groot funksies beskik,” sê André. Die gemeenskap kan gerus op die uitkyk wees vir die Baardskeerdersbos Orkes - hulle bestaan steeds en het nie verdwyn nie. Vir navrae kan André Fourie by 082 497 0619 geskakel word of stuur ‘n epos aan hom by ankeragri@gmail.co.za.

 
Hardus Botha
Image 1
‘Many moons ago’: Manie Groenewald, ‘Sas’ de Wet, Willie de Villiers, ‘Ou Ben’ Benade en Piet Smit. Voor: ‘Klein Ben’ Lombaard. (Foto: Danie Keet)
Image 2
Merino-treintoer (6-12 Maart 1995): ‘Groot Eben’ (Eben Basson), Stompie Heins, Manie Groenewald, André Fourie en ‘Ou Ben’ Benade. (Foto: Eben Benade)
Image 3
Dangerpoint Vuurtoring Eeufeesvieringe (12 Januarie 1995): André Fourie, ‘Ou Ben’ Benade, Piet Smit, Danie Groenewald, ‘Wel’ Fourie, Manie Groenewald, Stompie Heins en ‘Groot’ Eben Basson. (Foto: Johan Pieterse)
Image 1
Baardskeerdersbos-orkes se 2de CD, ‘Gooi Los’: André Fourie, Eben Benade, Eben Basson, Stompie Heins en Manie Groenewald.
Image 2
Baardskeerdersbos Orkes: Stompie Heins, Stoffel Fourie, Stephan van der Westhuizen, Tobie Keyser, André Fourie en Neill Aspeling.
Baardskeerdersbos Orkes steeds aan die musiek maak!

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...