‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
-September 2002 tot 25 Junie 2022-
Soos die tyd (en die ouderdom!) ‘n mens stadig maar seker bekruip, so was dit ook met Gansbaai se 20-jarige Tolbos Bistro van Anmarie Watney (70) - die ouderdom-gedeelte is nie op die eienaar van toepassing nie!
Anmarie het Tolbos Bistro in September 2002, ‘n allemintige twee dekades gelede, gekoop. Haar dogter, Carol Devitt (43) het op daardie stadium in Amerika gewerk, maar net daar besluit om na Suid-Afrika terug te keer. “Ek wou graag my ma se nuwe besigheid saam met haar begin,” vertel Carol. “Tolbos was op daardie stadium oorkant Gansbaai OK Foods in Hoofstraat, waar Tiekiedraai nou is.
In 2003 ontmoet Carol vir Wayne Devitt, wat die bekende en geliefde sjef van Tolbos vir baie jare was. Hy het in 2004 by Anmarie en Carol aangesluit. Dit het vir Wayne oor meer as net die restaurant gegaan, aangesien hy en Carol in 2007 getroud is. Hulle seun, Luke (14), is in 2008 gebore. “Luke het so tussen die kospotte en onder die tafels grootgeword,” vertel Carol.
In 2009 aanvaar Carol ‘n pos by Gansbaai Munisipaliteit as Sentrumbestuurder vir die ABSA-Sportgronde. Anmarie en Wayne het ‘vasgebyt’ en alleen aangegaan, met Carol wat naweke, vakansies en saans gehelp het. Na sowat 10 jaar besluit Anmarie en Wayne om in Maart 2012 die restaurant na Kerkstraat te skuif, geleë met ‘n pragtige uitsig oor die hawe. Carol bedank in 2017 en sluit weer voltyds by die Tolbosspan aan - familie hoort mos saam in ‘n vooruitstrewende besigheid!
Op 25 September 2019 breek ‘n hartseerdag vir die familie, Tolbos, vissermanne en Gansbaai aan met Tolbos se geliefde en bekwame sjef se afsterwe. In Maart 2020 verhuis Anmarie vir oulaas met Tolbos Bistro. Sy vestig haar besigheid in die Protea Sentrum, regoor die poskantoor. Op 25 Junie 2022 besluit Anmarie om haar besigheid te verkoop en permanent af te tree.
Die Watney-familie het aanvanklik, voor 2002 toe die besigheid gekoop is, vir sowat 20 jaar gedurende naweke en vakansies in Kleinbaai deurgebring. “So agter die stowe en tussen die tafels deur het ons Gansbaai en sy mense leer ken en lief gekry,” vertel Anmarie. “Tolbos was nog altyd ‘n familie-restaurant met familie en vriende wat vakansies moes inspring om te help!” Dis dan ook in Tolbos waar Bronwin (39), Anmarie se jonger dogter, haar man, Hein van den Worm, leer ken het. Hein het tydens dié Desembervakansie as kelner by Tolbos kom werk.
Anmarie sê sy gaan vir eers rus en by haar by Bronwin in UAE kuier waar hulle al sedert 2019 woon. Sy bedank al haar kliënte, waarvan die meerderheid oor die jare vriende geword het, opreg vir hulle getroue ondersteuning. “Ek gaan nie die besigheid as soseer mis nie, want ek is moeg,” het sy gesê. “Maar wat ek baie gaan mis is al die gesellige interaksies met almal wat Tolbos oor die jare besoek het.”
Hierdie berig is opgedra aan Anmarie Watney, wyle Wayne, Carol en Luke Devitt, asook Bronwin van den Worm. Gans-Berg Nuus wens Anmarie en haar gesin net die beste toe vir die toekoms - dankie vir twee dekades se uitstekende diens aan inwoners en besoekers.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.