Blog

‘Coastal Cleanups’ hou ons kuslyn skoon

‘Coastal Cleanups’ hou ons kuslyn skoon

Gans-Berg Nuus / News

‘Coastal Cleanups’ hou ons kuslyn skoon

Gereelde ‘coastal cleanups’ speel ‘n baie groot rol om ons kuslyn en omgewing skoon te hou. Ongelukkig sorg skaamtelose morsjorse dat vrywilligers al meer en meer moet inspring om rommel op te tel - met groot dank aan sulke omgee-ondersteuners!

Gansbaai Toerisme Coastal Cleanup, onder leiding van Doulene Els, het op Saterdag, 25 Junie 2022 by Kleinbaai Sleephelling gaan rommel optel. Doulene reël so 4 geleenthede per jaar waarby vrywilligers inskakel om dit suksesvol deur te voer. 40kg rommel is deur hulle opgetel - 10 wit herwinbare sakke vol en 6 swart vullissakke vol. Hierdie keer was daar 22 volwassenes en 3 kinders wat aan die projek deelgeneem. Hulle het ‘n afstand van sowat 2km gedek.

‘n Statistiek-vorm vir alles wat opgetel word, moet altyd voltooi word. Saterdag was die grootste sondebokke die volgende: 453 sigaretstompies, 77 voedsel-verpakkingsmateriaal, 73 metaalproppies van bottels, 60 plastieksakke en 57 glasbottels (hoofsaaklik drankbottels) - aitog, julle morsjorse, is dit werklik nodig?

“Dankie aan Taurus, White Shark Projects en die Otto- en Els-families wat gereelde ondersteuners van hierdie projekte is, ek het groot waardering daarvoor,” sê Doulene. “Dan het Taurus ook nog water en sjokolade vir ons geborg en die Otto-familie het die opgetelde rommel weggery.” Vrywilligers wat vir die eerste keer aan die projek deelgeneem het, is Christina Rutzen, Mia Ihrch (al die pad vanaf Pretoria) en Megan Dryers.

 
Hardus Botha
 
‘Coastal Cleanups’ hou ons kuslyn skoon

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!