Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Die bedrywighede in Kleinstraat, direk agter die polisiestasie, wat na groot chaos gelyk het, het behoorlik die koppe op Donderdag, 30 Junie 2022 laat draai. ‘n Munisipale vragmotor, waarop ‘n rubberboot gelaai was, het op sy sy in die straat gelê. ‘n Laaigraaf, hyskraan en ander swaar masjienerie het die vragmotor probeer regop kry.
Wetstoepassers het beslag gelê op ‘n rubberboot wat na Gansbaai SAPD vervoer is om geberg te word. Die sleepwa, waarop die boot was, het gebreek. ‘n Munisipale vragmotor is ontbied, waarop die boot gelaai is. By die polisiestasie se omheinde bergings-area agter die stasie aangekom, kon die boot nie sonder die sleepwa ingestoot word nie.
‘n Hyskraan is gebruik om die boot van die vragmotor af te lig en aan die anderkant van die heining te laat sak. Dis waar die probleem toe begin. Die staal stut-arms van die hyskraan het in die nat grond ingesak en die gewig was te veel - die gevolg was dat die vragmotor omgeval het en op sy sy beland het.
Dit was ‘n blote fratsongeluk, sonder enige beserings, wat aan geen nalatigheid toegeskryf kan word nie. Gansbaai SADP-lede was die wetstoepassers deurgaans behulpsaam.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!