Drie geslagte op gelyke dagdatums en maande gebore

Drie geslagte op gelyke dagdatums en maande gebore

Gans-Berg Nuus / News

Drie geslagte op gelyke dagdatums en maande gebore

Dit is nie aldag dat drie geslagte op gelyke dagdatums en maande gebore word nie. Dit is wel so in die geval van Sextus Neethling (73) van Gansbaai, sy seun, Jacques (44) en sy kleinseun, Tristan (10) van Johannesburg. Alhoewel die geboorte-maande en jaartalle verskil, is dit steeds ‘n unieke geval - lees gerus hier: Hulle is soos volg gebore: Sextus op die 7de van die 7de maand, Jacques op die 11de van die 11de maand en Tristan op die 6de van die 6de maand.

Sextus woon al sedert 2003 in Klein Overberg Oord (voorheen bekend as Franskraal Karavaanpark). Hy is ‘n gebore Bredasdorper. Aanvanklik het Sextus ‘n huis in Pearly Beach besit, maar het later na Kleinbaai verhuis. Nadat hy die huis daar verkoop het, het hy in 2003 permanent na Overberg Oord verhuis. “My seun, Jacques en sy eggenote woon in Johannesburg waar Jacques sy eie fietsbesigheid bedryf, met fietse wat hy die ‘landvol’ versprei,” vertel Sextus. “Hulle het nog ‘n seun, Trevis van 8 jaar, maar hy verjaar op 22 September.”

Sextus is ‘n bekende persoonlikheid in die dorp. Hy was ook vir baie jare ‘n aktiewe lid van Gansbaai Gholfklub, asook van die Birkenhead Boothengelklub. Nou-ja, Sextus, jy is pa en oupa - en julle verjaar al drie op gelyke dagdatums en maande.

Image 1
Sextus Neethling (07/07).
Image 2
Jacques Neethling (11/11) en klein Tristan Neethling (06/06) - lees berig oor datums.
Image 3
Die Neetling-manne: Sextus en Jacques, met Trevis links en Tristan regs.
 
Hardus Botha
 
Drie geslagte op gelyke dagdatums en maande gebore

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!