Blog

Galjoen-Competition Produces Beautiful Galjoene

Galjoen-Competition Produces Beautiful Galjoene

Gans-Berg Nuus / News

Galjoen-Competition Produces Beautiful Galjoene (and prizes!)

The Galjoen-competition on Saturday, 9 July 2022 was ‘n huge success. The quests were impressed and surprised by the number of beautiful galjoene which were caught - a galjoen of 2.470kg is a beautiful fish to look at, as well as a bag full of galjoene with a combined weight of 8.129kg. Twelve galjoene were caught with a total weight of 18.89kg.

Image 1
Image 2
Image 3
 
Uitslae:

Die uitslae van die kompetisie het vir groot opwinding met die goeie vangstes gesorg.

Die algehele wenners was die Perlemoenspan en hulle sak met 4 galjoene (8.129kg) het die prys vir die swaarste sak ingepalm - R3000! Die spanlede was André Engelbrecht, René Kriel, Nico van der Merwe en Heinrich Lourens. Dan het span se Heinrich Lourens het met sy tweede swaarste galjoen (1.420kg), prysgeld van R500 ontvang - baie geluk aan die span!

Die swaarste galjoen (2.479kg) was dié van ‘n dame wat stof in die manne se oë geskop het. Sy is Denise van Schalkwyk van die ‘Oupa Willie’ span en het met R1000 as prys weggestap.

Daar was ook ‘n R1000 as prys vir die swaarste vis (nie-galjoen) - die wenner was Rudi Eksteen van die Reël Piratesspan met sy kolstert van 0.830kg.

Die geluktrekking vir R500 is deur C Niemand gewen. Daar was nog ‘n verdere 15 geluktrekkings met goeie wyn en 2 groot galjoene as pryse - glad nie te versmaai nie!

Image 1
Die wenspan.
Image 2
Swaarste galjoen deur Denise van Schalkwyk is hier by haar eggenoot, Rudolph.
Image 3
John van Rooyen (HaS), Fanie Bothma en Suzanne Hans (Silwerjare).
 
Doel van kompetisie:

Hierdie kompetisie was een van ‘n paar projekte wat deur die NG-gemeente se Bediening Entrepreneurs, met Fanie Bothma as voorsitter, aangebied is. Riaan Booysen was die projekleier en knap organiseerder van hierdie kompetisie.

As deel van die bediening se liefdadigheids-doelwit met die projekte, is welkome donasies aan Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes en Silwerjare Dienssentrum / Oak Grove oorhandig. John van Rooyen en Suzanne Hans het breed oor die kompetisie-donasies geglimlag. Elkeen van die instansies het ‘n redelike hupstoot gekry wat weer ‘n paar noodsaaklike ‘gaatjies’ kan toestop.

“’n Kompetisie soos hierdie is nie moontlik sonder oop hande en oop beursies nie,” het Riaan gesê. Hy rig graag die volgende bedankings (alfabeties): Anoniem x 2, B Otto, Carlo Wessels, Fish Fever, Gansbaai Liquors, Jasper Terblanche (Philipi Kwekerye), L Le Grange (Fynbos Pole Depot), Linda Du Toit (Gansbaai Car Wash), Mnr & Mev Jordaan (De Kelders), Mnr Gorgens (Gorgens Trust/Phillipi), Mnr Groenewald (De Kelders), Mnr K Delport (BKD Ouditeure) en Suretha (ReMax).

Om die dag nog meer aangenaam en gesellig te maak, het ‘n groep vrywilligers smaaklike worsrolle, heerlike pannekoeke en koffie/tee aan die honger hengelaars verkoop. Na die ‘strawwe’ kompetisie, is daar gesellig saamgekuier met iets te ete en te drinke - ‘n kompetisie wat nog lank onthou sal word.

Image 1
Pannekoekbaksters
Image 2
Worsbraaiers
 
Hardus Botha
Galjoen-Competition Produces Beautiful Galjoene

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Jongboer van die Jaar Finaliste

Jongboer van die Jaar Finaliste

Agri Wes-Kaap is trots om die agt finaliste vir die 2025 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aan te kondig...

Gans-Berg Newspaper - 30 May 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 30 May 2025 Edition

Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 30 May 2025!

Dames bring Lig en Hoop

Dames bring Lig en Hoop

Vanjaar se L2L (Lighthouse 2 Lighthouse Ladies) se hoofstap vanaf Agulhas Lighuis na Danger Point Lighuis (100km oor 4 dae) was ten bate van Huis Lettie Theron.

A Quarter Centuary of Excellence Marine Dynamics

A Quarter Centuary of Excellence Marine Dynam...

On 10 May 2025, under stormy skies and at the southernmost golf course in Africa, Marine Dynamics marked its 25th anniversary in style.

Buffeljachts se Barmhartige Samaritane

Buffeljachts se Barmhartige Samaritane

Buffeljachts, 'vergete' doer in die verte, is nie sonder soortgelyke probleme as in hierdie omgewing nie.

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

Gedurende die afgelope jaar het die op-en-wakker groep van GGAP 14 muurskilderye op besigheidsgeboue se mure geskilder...