Blog

Gansbaai Se Sogenaamde ‘Asgate’

Gansbaai Se Sogenaamde ‘Asgate’

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Se Sogenaamde ‘Asgate’

-Wat ‘n verrassing!-

Die beskrywing ‘asgate’ is sonder twyfel nie op Gansbaai se Stortingsterrein van toepassing nie - daarvoor word dit té professioneel bedryf en bestuur. ‘n Mens staan ook verstom oor die daaglikse netheid en onderhoud van hierdie terrein.

Overstrand Munisipaliteit is onder die wakende oog van Craig Mitchell (Bestuurder: Vaste Afval: Beplanning) in beheer van die Stortingsterrein, maar dit word op kontrakbasis bedryf. Die kontrakteur is Enviroserve Waist Management en die Sub-kontrakteur is Aqua Bulk Energy. Gesels mens met Norman Heynie in sy kantoor by die Stortingsterrein, staan jy verstom by die aanhoor van hoe professioneel die terrein bestuur word. “Alle inligting en statistieke van gister se tonne-mates afval wat in al die verskillende kategorieë ingekom het, is vroeg die volgende dag op die stelsel beskikbaar,” het Norman gesê. Dit is maar ‘n eenvoudige voorbeeld van wat alles daar gebeur om die terrein suksesvol te bedryf en te bestuur.

Maandelikse oudits word stiptelik uitgevoer, met die nodige verslagdoening daarna. Norman is ‘n man met baie jare se praktiese bestuurs-ervaring op die gebied van afvalbestuur en dit is sy 16de jaar wat hy by Enviroserve Waist Management in diens is. 

Met die nuuskierige rondstap deur Gans-Berg Nuus se joernalis op die terrein, het die enorme en kragtige LC Bomag Refuse Compactor van 37 ton van die Bomag Fayat Group sy aandag vasgevang. Die operateur van dié masjien is Amos Ramochele wat al vir agt jaar op groot masjiene werk.“Ek hanteer hierdie masjien sedert April 2021 en ek kan maar net sê hy is sterk, baie, baie sterk,” het Amos gesê. Die masjien kan gelyktydig stoot en kompakteer. Die enorme staalwiele het ‘tone’, soos dit bekendstaan, op die loopvlak van die wiele - so groot dat dit lyk asof ‘n land daarmee geploeg kan word.

Die volgende volume-statistieke laat mens met ander oë na Gansbaai se Stortingsterrein kyk. Die gemiddelde maandelikse tonne-mates wat op die terrein hanteer word, was vir die 2021/2022 finansiële jaar soos volg:

Algemene afval - 800 ton per maand; Bourommel en Dekmateriaal - 1200 ton per maand; Tuinafval op die perseel opgekap - 140 ton per maand; Afval herwin deur die MRF - 22 Ton per maand.

Image 1
Amos Ramochele in ‘sy baie sterk masjien’.
Image 2
Die enorme opkapmasjien (Chipper) vir tuinafval.
Image 3
Amos Ramochele op die masjien.

Craig Mitchell (Manager Solid Waste: Planning) provided Gans-Berg News with the following interesting facts regarding the Gansbaai Landfill Site:

The public can dispose of the following waste types at the site:

Mixed clean recyclable materials - These can be offloaded at the Materials Recovery Facility the large building on the lefthand side once you have entered the site where the recyclable materials will be sorted by the site staff into the different waste material types for recycling.

Garden and green waste - This can be offloaded at the chipping area on the site where it will be chipped before being transported onto the site for use as cover on the side slopes and working face as required.

General waste - this is disposed of at the working face on the site where it is spread and compacted by the dedicated waste compactor on site. The working face is covered daily with sand, small builder's rubble, or chipped green waste at the end of each day. Loads of up to 1 ton can be disposed of for free. Should the load weigh more than a ton you will be charged for disposal at a rate of R282.00 per ton including VAT. Note that there is also a drop-off located next to the Materials Recovery Facility for the convenience of the public for the offloading of small waste volumes delivered by small vehicles which cannot access the site.

Clean soil and small builders’ rubble - all loads are accepted for free, however, note that large or contaminated builders’ rubble (i.e., mixed with wood, plastics or other contaminates) is charged at the general waste per ton rate.

In addition to the above, the site also has two containers on-site that accept small volumes of household hazardous waste - for example, electronic waste, fluorescent tubes, old batteries, used oils and old paint tins. The site also has a hazardous waste bin on-site for the acceptance of small volumes of asbestos roof sheeting, this is limited to a maximum of 10m2 per 6-month period and charged at a rate of R158.00 including Vat per unit.

Upon arrival at the site, the client will stop on the weighbridge and declare the waste type which the weighbridge operator will confirm that the driver has on their load, record the vehicle details, and weigh the vehicle in before directing them to the correct off-loading / disposal area.

Once the load has been offloaded the vehicle will again be weighed on the way out as loads over 1 ton are charged for (except for clean soil and builder's rubble) it is advisable not to mix loads and rather deliver separately to avoid being charged for the disposal of free material mixed with general waste.

Gansbaai se Stortingsterrein is vir alle gemeenskapslede beskikbaar vir die storting van alle kategorieë-afval.

 
Ooptye: 

Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 18:00 en Saterdae vanaf 08:00 tot 15:00. 

Die perseel is aan die einde van Voortrekkerstraat-verlenging geleë - met ‘n netjiese teerpad tot by die hekke en weegbrug.

 
Hardus Botha
Gansbaai Se Sogenaamde ‘Asgate’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geur...

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.