Blog

Traumatiese Brand Laat Vroue Verslae

Traumatiese Brand Laat Vroue Verslae

Gans-Berg Nuus / News

Traumatiese Brand Laat Vroue Verslae

-Edith Kennedy en Tinkie Testa-

“Indien Gansbaai Brandweer nie so vinnig gereageer het nie, sou die huis in geheel afgebrand het,” vertel Edith Kennedy van Gansbaai. “Hulle het daarin geslaag om die brand te blus voordat dit vanaf die studeerkamer en kombuis na die res van die huis versprei het.” Edith en haar vriendin, Tinkie Testa woon alleen in die huis en was duidelik erg getraumatiseer en geskok oor die helfte van die huis wat aan die binnekant verwoes is.

Image 1
Edith Kennedy (links) en Tinkie Testa in hulle verwoeste kombuis.
Image 2
Tinkie Testa, Edith Kennedy en Raadsdame Riana de Coning.

Hierdie traumatiese gebeure het homself Dinsdagnag, 6 Julie 2022 in Mullerstraat 12 om ±23:00 afgespeel. ‘n Kers, wat tydens beurtkrag bo-op ‘n boekrak gestaan het, het omgeval - die studeerkamer was binne ‘n ommesientjie in vlamme gehul. Edith kon net-net daarin slaag om haar skootrekenaar te gryp en na buite te hardloop. Die vlamme het binne sekondes deur die oop deur na die kombuis versprei. In hierdie twee vertrekke is letterlik alles tot as verbrand. Kombuistoerusting soos ‘n yskas, mikrogolf, stoof, kaste, kruideniersware en dies meer, is vernietig.

Die studeerkamer is ‘n diep-hartseersaak vir altwee die dames. Hulle onderskeie beroepe is alles op aanlynwerk gebaseer. WiFi-kabels, jare se kosbare en onvervangbare boeke, lêers, dokumentasie, CD’s met inligting, ‘honderde’ foto’s met sentimentele waarde, skilderverf en -doeke (canvas), die drukker - te veel om hier te noem is verbrand. Selfs die pleister aan die mure in die studeerkamer, het afgeval.

Edith is ‘n lektor wat aanlyn-klasse aanbied. Sy skryf ook Curriculum vitae’s en modules vir besigheidskole, asook boeke. Sy is ook lief vir kook en al haar kookboeke is daarmee heen, selfs dié van haar twee oumas wat onvervangbaar is. Met verwysing na haar oorsese reise na sowat 19 lande, met foto’s en inligting wat sy versamel het, asook haar volledige stamregister wat daarmee heen is, kon Edith nie meer haar trane tydens die onderhoud met Gans-Berg Nuus keer nie - dit het vryelik gevloei. Die verliese wat gelei is, kan nooit weer vervang word nie. Een ligpuntjie vir haar is dat haar agt (8) katte steeds veilig by haar is. “Hulle is almal ‘rescue’ katte en vir my is hulle soos my kinders,” vertel sy. 

Tinkie is onder andere ‘n kunstenaar, met van haar skilderye, verf en ander toerusting wat nou tot niet is. “Ek skryf ook boeke, maar baie van my nuutste inligting is verlore,” vertel sy. Sy het sedert die begin van die jaar by Edith kom woon. Edith woon al sowat 2½ jaar in haar pa se huis wat aanvanklik die gesin se vakansiehuis was.

“Dankie is ‘n klein woordjie, maar ons sê só baie dankie aan Morné en Carina Pietersen, Secma, Raadsdame Riana de Coning, Kat Myburgh van Gansbaai Munisipaliteit, bure en belangstellendes wat almal kom hulp aanbied het,” sê Edith. “Maar veral ‘n groot en spesiale dankie aan Gansbaai Brandweer se personeel wat so vinnig op die toneel was.” Sy sê hulle het nie net uitstekende werk verrig het nie, maar ook met simpatie teenoor hulle opgetree.

Raadsdame de Coning het reeds begin met die moontlikheid van hulp aan Edith en Tinkie. Indien daar belangstellendes is wat graag iets vir hulle wil doen, kan hulle vir Edith Kennedy by ??? ??? ???? of vir Tinkie Testa by 066 089 5795 skakel.

 
Hardus Botha
Traumatiese Brand Laat Vroue Verslae

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...