Tolbos Bistro Se Nuwe Eienaars

Tolbos Bistro Se Nuwe Eienaars

Gans-Berg Nuus / News

Tolbos Bistro se nuwe eienaars wil deel van gemeenskap word

-Theuns en Thea Pretorius-

“Ons is nie hier om die restaurantwêreld te probeer omkeer nie,” is Theuns Pretorius se eerlike opmerking. “Ons sal graag rustig en op ons eie manier die Bistro bedryf en deel van Gansbaai se gemeenskap en besigheidslui wil word.” Theuns en sy eggenote, Thea, is die nuwe eienaars van die baie bekende Tolbos Bistro. Anmarie Watney, wat die Bistro vir twee dekades suksesvol bedryf het, het dit aan die Pretorius-egpaar verkoop. 

“Ons beplan om teen die einde van Julie 2022 oop te maak, of vroeër, indien moontkik,” vertel Thea. “Ons wou net ‘n paar klein veranderinge aanbring, maar ons ‘Interior Decorator’ het anders besluit!” Die egpaar wou nie later groot ontwrigting veroorsaak nie en het besluit om eerder nou die veranderinge af te handel. Theuns sê die veranderinge is nodig aangesien hulle graag ‘n tipe van ‘Industria-organic-tema’ (electic) met relevante kleure wil skep. “Ons het slegs van plaaslike mense gebruik gemaak vir die verbouings en ook die toerusting by plaaslike besighede gehuur,” het Theuns gesê. “Ons is dus ook hier om plaaslike besighede te ondersteun.”

Wat die spyskaart betref, vertel Thea dat sy beplan om by die bestaande en bekende spyskaart te hou. “Ek gaan wel ander disse van my eie keuse byvoeg en die spyskaart sal dus wel ‘n nuwe baadjie aanneem,” het sy gesê. Bykomende dienste wat Thea beplan, sal beslis die aandag trek - wegneemetes, aflewerings, kleinerige sosiale funksies en jaareindfunksies, om net ‘n paar van haar nuwe idees bekend te stel. Die egpaar se jongste seun, Charl, gaan saam met Thea die bul by die horings pak.

Image 1
Theuns en Thea Pretorius voor Tolbos Bistro. Inlas: Charl Pretorius.
Image 2
“Dit is nie ons eerste baksel brood nie, dit is boustene!” - Theuns en Thea Pretorius.
 
Die Pretorius-egpaar

Theuns en Thea het in Alberton, Gauteng Provinsie ‘n gastehuis bedryf. Thea was in die onderwys waar sy onder andere op gasvryheidstudies by verskeie skole gefokus het, waar sy ook opleiding gegee het. Sy was ook betrokke by die hotelskool waar opleiding aan leerders verskaf is. Thea het ook kontrakte vir skole ingebring, inkomstes gehelp genereer en met entrepreneurskap-idees gehelp.

Theuns sê hy staan tans op drie bene. Hy is steeds ‘n voltydse onderwyser, ‘n beroep wat hom na aan die hart lê, maar is ook by die versekeringsbedryf betrokke. “Dan sal ek ook deeltyds met die Bistro help, soos en wanneer nodig,” sê hy. Die egpaar het ‘n getroude dogter, Clarize en twee ongetroude seuns, Channas en Charl, met laasgenoemde wat hom by sy ma in Gansbaai gaan skaar.

Tolbos Bistro is in Hoofstraat in die Protea Sentrum, oorkant die Poskantoor, geleë. Vir navrae kan Thea Pretorius by 081 308 7820 geskakel word, of stuur ‘n epos aan haar by condot20@gmail.com. Baie welkom aan hierdie positiewe egpaar, met goeie wense van Gans-Berg Nuus - julle bure!

 
Hardus Botha
Tolbos Bistro Se Nuwe Eienaars

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.