Boats van Staden vir 9de termyn as Lionpresident ingehuldig

Boats van Staden vir 9de termyn as Lionpresident ingehuldig

Gans-Berg Nuus / News

Boats van Staden vir 9de termyn as Lionpresident ingehuldig

Vanjaar is dit die negende termyn wat Boats van Staden as Lionpresident van Gansbaai Lionsklub ingehuldig is - van hierdie termyne was drie termyne aaneenlopend (2009-2012; 2013-2015; 2019-2023). ‘n Besonderse prestasie wat ‘n toonbeeld is van die vertroue wat in hom as leier gestel word. Intussen is Boats ook as Zone-voorsitter vir Zone 2 vir die termyn 1 Julie 2022 tot 30 Junie 2023 aangestel. 

Image 1
Lion Boats van Staden word deur Lion Leon Ras as Lionpresident ingehuldig.
Image 2
Lionpresident Boats van Staden.
Image 3
Gansbaai Lionsklub se nuwe Kabinetslede is: Voor - Marinda Louw, Ivy van Huyssteen, Thia le Roux en Mariette Hattingh. Agter - Lionpresident Boats van Staden, Ina Ogilvie, Pieter de Vries en Freddie van eeden.

Hierdie besonderse jaarlikse geleentheid van Gansbaai Lionsklub is vanjaar in Kuslangs Restaurant tydens ‘n gesellige ontbyt aangebied. Lionpresident en ook Streeksvoorsitter, Lion Leon Ras, het spesiaal vanaf Swellendam gery om Boats se inhuldiging waar te neem. “Ek gaan die inhuldiging kort hou, aangesien ‘n Lion wat al vir die negende keer as Lionpresident ingehuldig word, beslis nie ‘n ‘preek’ oor sy verantwoordelikhede nodig het nie,” het Lion Ras skertsent gesê.

In sy Presidentsrede het die ‘nuwe’ Lionpresident, Lion Boats van Staden, gesê hy beskou dit as ‘n groot voorreg om vir die negende termyn as Lionpresident te kan dien. “Eerstens gaan my opregte dank teenoor my Hemelse Vader vir sy genade, liefde en krag oor al hierdie jare heen,” het hy gesê. “Dan ook ‘n groot dankie aan my eggenote, Saartjie, vir haar getroue ondersteuning.”

Boats het sy opregte waardering teenoor die oorblywende lede van die klub ook uitgespreek. “Julle wat oorgebly het is die ruggraat van Gansbaai Lionsklub en sonder julle sou die klub al tot niet gegaan het,” het hy gesê. Boats het ook verwys na die afgelope baie moeilike drie jaar wat agter die rug is. “Ons kon geen van ons gereelde projekte ten volle aanpak en deurvoer nie en ons ledetal het ook baie gedaal, maar ek het weer moed geskep vir ons volgende termyn met elkeen van julle aan my sy,” het hy vol vertroue gesê.

Met verwysing na die nuwe termyn, het Boats gesê een van hulle hoë prioriteite is die werwing van nuwe lede, veral jonger lede. Hy het sy vertroue uitgespreek dat hulle fondsinsamelingsprojekte weer goed op dreef sal kom. Dit geld ook vir Gansbaai Lions se jaarlikse en gewilde ‘laaste marathon’ van die jaar op Oujaarsdag. Hierdie is jaarliks ‘n hoogtepunt wat wyd deur belangstellendes en die plaaslike gemeenskap ondersteun word.

Boats het die volgende verkose Lions wat in sy Kabinet gaan dien, voorgestel: Freddie van Eeden (1ste Visie-president), Pieter de Vries (2de Visie-president, Bemarking en Kommunikasie), Marilda Louw (Klubsekretaris), Ina Ogilvie (Tesourier), Ivy van Huyssteen (Direkteur), Thia le Roux (Lidmaatskapvoorsitter) en Marietta Hattingh (Diensvoorsitter).

Amptelike byeenkomste van Gansbaai Lionsklub is as ‘n reël besonderse geleenthede om by te woon. Na die verwelkoming deur die seremoniemeester, Lion Pieter de Vries, het hyself die spesiale vlagplegtigheid hanteer. Lion Freddie van Eeden was vir die verwelkoming van gaste verantwoordelik. Lion Ina Ogilvie het die Lions-invokasie hanteer en Lion Marilda Louw die Lions-geloof. Lion Marietta Hattingh en Ivy van Huyssteen het onderskeidelik die heildronke op Lions Internasionaal en Lions RSA ingestel.

Nadat die formaliteite afgehandel is, is daar gesellig tydens ‘n heerlike (groot!) ontbyt saamgekuier. “Hier is soveel wors in hierdie borde, julle sal almal later Worsie Visser-liedere kan sing!” het Boats geskerts. Gans-Berg Nuus wens Lionpresident Boats van Staden geluk met sy herverkies as Lionpresident en wens hom sterkte toe vir die termyn wat voorlê.

 
Hardus Botha
Boats van Staden vir 9de termyn as Lionpresident ingehuldig

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.