Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026
Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
Hierdie ware verhaal is nie soos die ‘Kat kom weer’, waar almal van die kat ontslae wou raak nie. Nee, Donnie is Sannie van Heerden in Hoofweg, De Kelders se mannetjies-eend wat vir ‘n volle 3 weke spoorloos uit die erf verdwyn het. Verlede week, asof niks gebeur het nie, kom Donnie toe doodluiters by die huis aangestap - sonder sy stertvere! Dié is vermoedelik tydens ‘n doelgerigte, maar mislukte honde-aanslag op sy lewe verloor!
Tuis was dit die ene opgewondenheid toe Donnie daar opdaag, selfs deur sy ‘vroutjie’, Toi, wat intussen ‘n eier gelê het. “Om nie te praat van die ‘ou’ mense se blydskap nie,” vertel Sannie, met verwysing na familielede wat saam met haar woon. “Ek het nie geweet ‘ou’ mense kan so opgewonde raak oor ‘n verlore eend se terugkoms nie!”
Hannah (9) en Pieter (7) van Zyl is Sannie se kleinkinders wat gereeld by haar kuier. “Oom, oom, kom kyk gou na Donnie wat teruggekom het en sy vroutjie se eier wat sy gelê het,” het Hannah vol blydskap en opgewonde gesê. Hulle is die kinders van Johan van Zyl, eienaar van The Jewelry System in Gansbaai. Die kinders is bevoorreg om gereeld by ouma Sannie te kan kuier waar die eende, met hulle eie dammetjie, is, asook hulle twee hasies, Oortjies en Witneus. Nou-ja, ‘n groot verwelkoming het af-stert Donnie te beurt geval en die eend-gesin is weer herenig.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.