Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026
This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...
Hierdie ware verhaal is nie soos die ‘Kat kom weer’, waar almal van die kat ontslae wou raak nie. Nee, Donnie is Sannie van Heerden in Hoofweg, De Kelders se mannetjies-eend wat vir ‘n volle 3 weke spoorloos uit die erf verdwyn het. Verlede week, asof niks gebeur het nie, kom Donnie toe doodluiters by die huis aangestap - sonder sy stertvere! Dié is vermoedelik tydens ‘n doelgerigte, maar mislukte honde-aanslag op sy lewe verloor!
Tuis was dit die ene opgewondenheid toe Donnie daar opdaag, selfs deur sy ‘vroutjie’, Toi, wat intussen ‘n eier gelê het. “Om nie te praat van die ‘ou’ mense se blydskap nie,” vertel Sannie, met verwysing na familielede wat saam met haar woon. “Ek het nie geweet ‘ou’ mense kan so opgewonde raak oor ‘n verlore eend se terugkoms nie!”
Hannah (9) en Pieter (7) van Zyl is Sannie se kleinkinders wat gereeld by haar kuier. “Oom, oom, kom kyk gou na Donnie wat teruggekom het en sy vroutjie se eier wat sy gelê het,” het Hannah vol blydskap en opgewonde gesê. Hulle is die kinders van Johan van Zyl, eienaar van The Jewelry System in Gansbaai. Die kinders is bevoorreg om gereeld by ouma Sannie te kan kuier waar die eende, met hulle eie dammetjie, is, asook hulle twee hasies, Oortjies en Witneus. Nou-ja, ‘n groot verwelkoming het af-stert Donnie te beurt geval en die eend-gesin is weer herenig.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!