Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Laerskool Gansbaai (LSG) se twee skoolkore het Vrydag, 22 Julie 2022 uitstekend by die Overberg Eisteddfod in Caledon presteer, met die skool wat baie trots op hulle is. Hulle is die Grondslagfasekoor (Gr R-3), wat met ‘Goud’ beloon is en die Seniorkoor (Gr 4-7), wat met ‘Silwer’ beloon is.


“Hierdie twee skoolkore is in Maart 2022 deur twee Gr R-mammas, Carla du Toit en Asanti Smit, gestig,” vertel Annette Wessels. ‘n Skamele 4 maande later spog die Juniors met ‘Goud’ en die Seniors met ‘Silwer’ - dit wil mos nou gedoen wees!
Annette vertel dat koor-werkswinkels tydens die skoolvakansie vanaf 11-15 Julie vir altwee die kore aangebied is. Dit was ter voorbereiding vir die Overberg Eisteddfod en ‘n wonderlike spangees is tydens dié werkswinkels opgebou. “Ons koorlede het pragtig in hulle splinternuwe koordrag tydens die Eisteddfod vertoon,” sê Annette. “Die Grondslagfase-meisies met hulle haarstrikkies en die Seniorkoor met hulle serpies het beslis die aandag getrek.”
Die Overberg Eisteddfod het wonderlike blootstelling en ‘n gulde leergeleentheid aan die koorlede gebied. Annette sê vir ‘n ‘afskopkoor’ wat 4 maande ‘oud’ is, kan hulle net trots wees op hulle pragtige prestasies. Die Grondslagfase-koor behaal Goud vir hulle twee liedere, met ‘n verwerking van “Dis julle wat die wind” en “So ry die trein”, asook “As Oupa so sê”. Die Seniorkoor verwerf Silwer vir hulle drie liedere “Soos ‘n wildsbok”, “Talking to the moon” (Bruno Mars) en “Daar kom die Alibama”, met Ewie Fourie op die drom.
Kommentaar wat deur die drie beoordelaars gelewer is, was onder andere: “Pragtige, sprankelende koor; vertoon pragtig; pragtige gesigsuitdrukkings en meelewing; goeie dinamiek; oulike uitroepe en byklanke; goeie liedkeuses; knap begeleiding; julle vertel die storie met oortuiging; hier is baie potensiaal; goeie energie!”
“Kommentaar soos hierdie getuig van wonderlike samewerking in die Gansiekoorspan tussen koorlede en afrigters. ‘n Span wat beslis die goeie naam, wat Laerskool Gansbaai reeds op verskeie gebiede het, is nou ook op kultuurgebied na verdere hoë hoogtes geneem,” het ‘n trotse Annette gesê. “Elke stem tel - dit is op min plekke só waar soos in ‘n koor. Mag elke stem pragtig ontwikkel sodat daar nog wonderlike klanke uit Laerskool Gansbaai se koorspan voortgebring kan word - ons is baie trots op ons kinders!!”
(Foto’s: Asanti Smit)
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.