Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition
This week's edition features important community news...

Charl Eksteen, die 17-jarige Gansbaaier oor wie Gans-Berg Nuus onlangs geskryf het, is nou op pad na groot rugby-hoogtes - onder andere met sy droom om oorsee te kan gaan speel. Charl se ma, Adéle Eksteen sê die nodige aansoekvorms is reeds in ‘n proses van finalisering. “Ek glo my seun gaan nog groot hoogtes in rugby bereik,” het sy gesê.
“Ek wil graag almal van harte bedank wat my die afgelope twaalf jaar so getrou ondersteun het om my rugby-drome te verwesentlik,” sê Charl. “’n Opregte en spesiale dankie aan al my borge wat bygedra het, asook my familie, vriende en die gemeenskap van Groter Gansbaai.” Hierdie kranige rugbyspeler het onlangs vir Boland o/18 in die Boland Cravenweek op die veld uitgedraf.
Charl is ‘n Gr 12 leerder aan die HTS Drosdy in Worcester. Sy laerskoolloopbaan het hy by Laerskool Gansbaai voltooi. Sy hart is vanaf kindsbeen af in rugby. Hy is ‘n jongman wat 1.78m in sy rugby-stewels staan en weeg ‘n volle 104kg. Sy posissies op die veld is loskopstut of haker, afhangende van waar hy benodig word. Gans-Berg Nuus wens Charl alle sterkte toe met sy rugbyloopbaan wat op hom wag.

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...