Charl Eksteen op pad na groot rugby-hoogtes

Charl Eksteen op pad na groot rugby-hoogtes

Gans-Berg Nuus / News

Image

Charl Eksteen op pad na groot rugby-hoogtes

Charl Eksteen, die 17-jarige Gansbaaier oor wie Gans-Berg Nuus onlangs geskryf het, is nou op pad na groot rugby-hoogtes - onder andere met sy droom om oorsee te kan gaan speel. Charl se ma, Adéle Eksteen sê die nodige aansoekvorms is reeds in ‘n proses van finalisering. “Ek glo my seun gaan nog groot hoogtes in rugby bereik,” het sy gesê.

“Ek wil graag almal van harte bedank wat my die afgelope twaalf jaar so getrou ondersteun het om my rugby-drome te verwesentlik,” sê Charl. “’n Opregte en spesiale dankie aan al my borge wat bygedra het, asook my familie, vriende en die gemeenskap van Groter Gansbaai.” Hierdie kranige rugbyspeler het onlangs vir Boland o/18 in die Boland Cravenweek op die veld uitgedraf.

Charl is ‘n Gr 12 leerder aan die HTS Drosdy in Worcester. Sy laerskoolloopbaan het hy by Laerskool Gansbaai voltooi. Sy hart is vanaf kindsbeen af in rugby. Hy is ‘n jongman wat 1.78m in sy rugby-stewels staan en weeg ‘n volle 104kg. Sy posissies op die veld is loskopstut of haker, afhangende van waar hy benodig word. Gans-Berg Nuus wens Charl alle sterkte toe met sy rugbyloopbaan wat op hom wag.

 
Hardus Botha

‘n Deel van Charl Eksteen se borge oor die afgelope 12 jaar.
Charl Eksteen op pad na groot rugby-hoogtes

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geur...

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.