‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
“Vir almal is daar ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan,” het Doulene Els van Gansbaai Toerisme gesê. “Geen mens is onvervangbaar nie.” Sy sê na bykans 15 jaar is sy dankbaar vir die tydperk wat sy saam met Gansbaai Toerisme se wonderlike span onder leiding van ‘tannie’ Glenda Kitley gewerk het, asook vir alles wat sy geleer het.
Doulene se laaste werksdag was op Vrydag, 31 Julie 2022 en haar nuwe loopbaan het op Maandag, 1 Augustus 2022 by Marine Dynamics as Bemarker begin. “Dis ‘n nuwe era in my beroepslewe, maar ek sien baie daarna uit om by ‘n gedugte span onder leiding van Wilfred Chivell in te skakel.”
Doulene se toerisme-loopbaan het reeds tydens haar skooljare begin: “Vanuit haar ‘skoolskoene’ direk in haar ‘toerismeskoene’ in”. Gedurende haar hoërskooljare het sy naweke los werkies in die Toerismekantoor gedoen. Nadat sy in 2007 aan die Hoërskool Hermanus matrikuleer, is sy direk in 2008 as ‘n 17-jarige student by Gansbaai Toerisme aangestel. In Februarie dieselfde jaar kry sy ‘n permanente aanstelling as Inligtingsbeampte. Net ‘n jaar later word sy in Februarie 2009 na Administratiewe- en Akkommodasie Beampte bevorder.
Doulene het oor die jare heen bewys dat sy meer as bereid is om daardie ekstra myl te stap. Sy het verskeie relevante kursusse vrywillig deurloop om haar kennis te verbreed. Sy het ook ‘n korrespondensie-kursus in Events Management suksesvol deurloop.
‘n Hoogtepunt vir Doulene was toe sy vir die Burgemeesterstoekenning vir Toerisme Ontwikkeling (Kategorie 5) genomineer is. “Al was ek nie die wenner in die kategorie nie, was daardie nominasie vir my ‘n persoonlike hoogtepunt wat my altyd sal bybly,” het Doulene gesê. Sy is ook met die Toerisme-ontwikkelingstoekenning deur Overstrand Munisipaliteit bekroon.
Om na al Doulene se werksaamhede te verwys, sal ‘n boek beslaan. Sommiges was op haar eie inisiatief en andere in samewerking met Glenda Kitley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme) en die Toerismepersoneel. Slegs enkele voorbeelde (alfabeties) daarvan, is: Erfenisfees (op haar eie); Fees van die Ganse; Funky Fynbosfees; Gansbaai Kos- en Wynfees (op haar eie); Gansbaai Polisiëringsforum - sekretaresse (4 jaar); Kusskoonmaak-projekte; Loslitdag-projekte; Mandeladag-projekte; Sakekamer - sekretaresse (13 jaar); Sonsondergang-uitstappies; Sosiale media; Stanford Animal Welfare - sosiale bestuurder (6 jaar); Vriendelike padblokkades.
“Daar is 'n tyd vir alles - en dit is tyd dat Doulene aanbeweeg van Gansbaai Toerisme waar sy al 15 jaar is! Sy is vir baie jare my regterhand en ek kon altyd op haar staatmaak. Te alle tye het sy seker gemaak dat sy op hoogte bly van alle nuwe verwikkelinge en tegnologië, asook produkeienaars en geleenthede in ons area. Doulene het 'n groot indruk op almal wat die Besoekersinligtingsentrum besoek het, gemaak. Die verlies sal deur die personeel en produkeienaars van Gansbaai Toerisme gevoel word, asook deur haar kollegas in die Cape Whalecoast Inligtingsentrums. Ek wens haar alle geluk en sukses toe met haar nuwe beroep, steeds in die Toerismebedryf, al is ons baie hartseer om haar te verloor. Dit is nie totsiens nie - aangesien ons by Gansbaai Toerisme steeds saam met haar sal werk. Dankie Doulene! Geniet jou nuwe beroep en ek weet dat jy alles sal gee soos wat jy by ons gedoen het!”
Doulene Els is sonder twyfel ‘n groot aanwins vir Marine Dynamics - kyk mooi na haar, Wilfred!
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.