Vroue-Landbouvereninging Kaapland se 2022 Jaarkongres in Gansbaai

Vroue-Landbouvereninging Kaapland se 2022 Jaarkongres in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Image

Vroue-Landbouvereninging Kaapland se 2022 Jaarkongres in Gansbaai

Die Vroue-Landbouvereninging Kaapland (VLVK) se prestige 2022 Jaarkongres word vanjaar in Gansbaai aangebied. Hierdie belangrike kongres sal op 18 en 19 Augustus 2022 by Panorama, Nature’s Haven Venue net buite Gansbaai aangebied word.

“Met elke kongres word ’n tema vir die nuwe jaar aangekondig,” vertel Estelle du Plessis, VLVK-president. “Die tema van die 2022 kongres te Gansbaai, is: Die uitdaging van verandering / The challenge of change.” Estelle sê die kongres gaan deur afgevaardigdes uit elke windrigting in Kaapland bygewoon word. “Ongeveer 220 kongresgangers, wat sprekers en eregaste insluit, gaan vanjaar se kongres bywoon.”

Vanjaar se Openingspreker is dr Ivan Meyer, Minister van Landbou in die Wes-Kaap. Dr Meyer is die VLVK se Dankie-persoon van 2022. Van die ander sprekers in die VLVK se ses Studierigtings is: Wicus Pretorius, die redakteur van TUIS, in Leefstyl; Dr Lishje Els, Opvoeding en Kultuur; Prof Chris Engelbrecht, Openbare Sake; Dr Irma Davel, Kunste en Handvlyt; Tersia Joubert van SOILL, Gesondheid; Helena Atkinson van Pangolin Africa, Landbou & Tuinbou; Magdie de Kock, Wêreldbond-president, WBPV; Vanda Gagiano, komiteelid van die Wêreldbond konferensiekomitee van 2023 in Maleisië.

“Donderdagaand het ons 'n dinee met Charné Hugo as kunstenaar waartydens die prysuitdeling van Leefstyl- en Kunste & Handvlytkompetisie pryswenners sal plaasvind,” vertel Estelle. “Dan is daar ook 'n uitstalling van al die bovermelde kompetisie-artikels, waaronder ook die pryswenners en mees uitstaande artikel vir besigtiging sal wees.” Sy sê vir die manne is daar ‘n walvisbesigtigingstoer gereël, asook 'n besoek aan die Penquin and Seabird Sanctury.

 
VLVK se Fokus vir 2022

Twee doelwitte van die VLVK is om vroue by te staan en aan te moedig om meer ingelig te wees en om te help om behoeftes in die gemeenskap raak te sien en op te los. Dit word gedoen deur jaarlikse projekte waardeur die VLVK na individue, groepe en die gemeenskap kan uitreik. Die projek vir hierdie jaar is: Bewaar ons Erfenis en die nuwe tema vir Augustus 2021 tot Augustus 2022 is: Leef Volhoubaar.

 
Hardus Botha
Vroue-Landbouvereninging Kaapland se 2022 Jaarkongres in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...