‘Country en Western’ - Geselligheid by Birkenhead Boothengelklub

‘Country en Western’ - Geselligheid by Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

‘Country en Western’ - Geselligheid by Birkenhead Boothengelklub

‘n ‘Country & Western’-tema-geselligheid, om watter rede ookal, bly maar altyd ‘n groot sukses en pure plesier en genot vir saamkuier. So was dit ook Saterdagaand, 6 Augustus 2022 tydens die Birkenhead Boothengelklub se maandfunksie.

Die Country-versiering van die saal het beslis die regte atmosfeer vir die aand geskep - om nie eens te praat van die baie Country-Cowboy-geklede paartjies nie. Charlie Steyn het seker gemaak sy Cowboy-rewolwergordel met ‘rewolwers’ in die houers, het die nodige respek afgedwing - tot almal se verligting was dit speelgoed rewolwers! Jan Lourens het met sy Musiekfabriek se Country-dansmusiek verder tot die aand se gesellige atmosfeer bygedra.

Die gebruiklike lootjietrekking is nie aangebied nie, maar spesiale pryse is in die volgende kategorieë aan paartjies toegeken: Bes-geklede paartjie - Danie en Estelle du Toit; Beste Danspaartjie - Jacques en Charmaine du Toit; Paartjie met die beste Country-gees - Charlie en Francelle Steyn. Voorsitter Robbie Nelson het Margi Muller en Hardus Botha gelukgewens met hul verjaarsdae op dieselfde dag as die funksie, met die gaste wat hulle hartlik toegesing het! Margi Muller het haar eggenoot, Steve, met ‘n ‘Vadoek-broek’ as geskenk verras wat deur Anita Botha gemaak is! 

Selfs die ete was pure Country-styl, met vier soorte sop, patats, soet wortels en stampmielies, asook die gebruiklike broodtafel - nagereg het natuurlik nie agterweë gebly nie. So tussen alles deur het Robbie die name van nuwe lede, wat die funksie ongelukkig nie kon bywoon nie, voorgehou: Elna van Zyl, Helgard Terblanche en André en Kerstin Wentzel.

Maart en Julie 2022 se uitstaande hengelpryse is ook oorhandig, maar van die wenners kon nie teenwoordig wees nie. Net Bev Swart en Ben Uys was teenwoordig. Danie (Snr) du Toit het Danie (Jnr) du Toit se prys in ontvangs geneem. Eintlik was Ben Uys op sy eie genoeg - bykans al die pryse is aan hom oorhandig!

Image 1
Pryswenners: Voor - Jacques en Charmaine du Toit (Beste Danspaartjie). Links agter is Charlie en Francelle Steyn (Beste Gees-paartjie) en Danie en Estelle du Toit (Bes geklede paartjie).
Image 2
‘n Gesellige oomblik by een van die prag-versierde tafels.
Image 1
Hengel-pryswenners - Bev Swart, Ben Uys en Danie (Snr, namens Jnr) du Toit.
Image 2
 
Hardus Botha
 
‘Country en Western’ - Geselligheid by Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.