Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
‘n ‘Country & Western’-tema-geselligheid, om watter rede ookal, bly maar altyd ‘n groot sukses en pure plesier en genot vir saamkuier. So was dit ook Saterdagaand, 6 Augustus 2022 tydens die Birkenhead Boothengelklub se maandfunksie.
Die Country-versiering van die saal het beslis die regte atmosfeer vir die aand geskep - om nie eens te praat van die baie Country-Cowboy-geklede paartjies nie. Charlie Steyn het seker gemaak sy Cowboy-rewolwergordel met ‘rewolwers’ in die houers, het die nodige respek afgedwing - tot almal se verligting was dit speelgoed rewolwers! Jan Lourens het met sy Musiekfabriek se Country-dansmusiek verder tot die aand se gesellige atmosfeer bygedra.
Die gebruiklike lootjietrekking is nie aangebied nie, maar spesiale pryse is in die volgende kategorieë aan paartjies toegeken: Bes-geklede paartjie - Danie en Estelle du Toit; Beste Danspaartjie - Jacques en Charmaine du Toit; Paartjie met die beste Country-gees - Charlie en Francelle Steyn. Voorsitter Robbie Nelson het Margi Muller en Hardus Botha gelukgewens met hul verjaarsdae op dieselfde dag as die funksie, met die gaste wat hulle hartlik toegesing het! Margi Muller het haar eggenoot, Steve, met ‘n ‘Vadoek-broek’ as geskenk verras wat deur Anita Botha gemaak is!
Selfs die ete was pure Country-styl, met vier soorte sop, patats, soet wortels en stampmielies, asook die gebruiklike broodtafel - nagereg het natuurlik nie agterweë gebly nie. So tussen alles deur het Robbie die name van nuwe lede, wat die funksie ongelukkig nie kon bywoon nie, voorgehou: Elna van Zyl, Helgard Terblanche en André en Kerstin Wentzel.
Maart en Julie 2022 se uitstaande hengelpryse is ook oorhandig, maar van die wenners kon nie teenwoordig wees nie. Net Bev Swart en Ben Uys was teenwoordig. Danie (Snr) du Toit het Danie (Jnr) du Toit se prys in ontvangs geneem. Eintlik was Ben Uys op sy eie genoeg - bykans al die pryse is aan hom oorhandig!
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!