Blog

SAPD se gratis ‘Mandeladag-stalletjie’

SAPD se gratis ‘Mandeladag-stalletjie’

Gans-Berg Nuus / News

SAPD se gratis ‘Mandeladag-stalletjie’

Koppe van motorbestuurders en passasiers het Vrydag, 22 Julie 2022 behoorlik in die rigting van Gansbaai se polisiestasie gedraai. Reg voor die stasie was daar nie die gebruiklike polisievoertuie met misdadigers nie. Nee, daar was ‘n SAPD-stalletjie met sop en brood en tweedehandse klere!

“Dit is ons as polisie-beamptes se Mandeladag-uitreik na haweloses en minderbevoorregtes,” het Kapt Gerda Groenewald gesê. “Die brood en tweedehandse klere is alles deur SAPD-lede van die stasie geskenk en die sop is deur Kobus en Susan Bothma geskenk.” ‘n Tafel is sypaadjie toe gedra en die heerlike sop en gesmeerde (dik botter!) brood is daarop gesit. Langs die tafels is ‘n kombers oopgegooi en meer as genoeg tweedehandse klere, soos baadjies, broeke, hemde, rokke en dies meer is daarop uitgepak. Dit was ‘n gesamentlike uitreik-aksie van die Womens Network (Linda Apolisi) en Men for Change (Xa Peter).

Aanvanklik het dit gelyk asof die dorp nie werkloses of minderbevoorregtes het nie. Toe die nuus egter begin versprei, veral by Badisa se kantore, was daar geen keer meer nie. Susan moes bontstaan met die sopskeppery en by die klere moes gekyk word dat elkeen net een kledingstuk vat sodat almal kon kry. Die brood en sop was meer as genoeg - “Vat vir jou sommer twee stukke brood en jy kan nog sop kom kry, hoor?!” is gereeld gehoor.

Nouja, in plaas van moeilikheidmakers op pad selle toe, is daar breed op die sypaadjie voor Gansbaai SAPD se kantore geglimlag - met of sonder tande. Die sop en brood is terdeë geniet en daar is behoorlik onderling gespog oor die klere wat hulle uitgesoek en gekry het.

 
Hardus Botha
 
SAPD se gratis ‘Mandeladag-stalletjie’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...