Blog

SAPD se gratis ‘Mandeladag-stalletjie’

SAPD se gratis ‘Mandeladag-stalletjie’

Gans-Berg Nuus / News

SAPD se gratis ‘Mandeladag-stalletjie’

Koppe van motorbestuurders en passasiers het Vrydag, 22 Julie 2022 behoorlik in die rigting van Gansbaai se polisiestasie gedraai. Reg voor die stasie was daar nie die gebruiklike polisievoertuie met misdadigers nie. Nee, daar was ‘n SAPD-stalletjie met sop en brood en tweedehandse klere!

“Dit is ons as polisie-beamptes se Mandeladag-uitreik na haweloses en minderbevoorregtes,” het Kapt Gerda Groenewald gesê. “Die brood en tweedehandse klere is alles deur SAPD-lede van die stasie geskenk en die sop is deur Kobus en Susan Bothma geskenk.” ‘n Tafel is sypaadjie toe gedra en die heerlike sop en gesmeerde (dik botter!) brood is daarop gesit. Langs die tafels is ‘n kombers oopgegooi en meer as genoeg tweedehandse klere, soos baadjies, broeke, hemde, rokke en dies meer is daarop uitgepak. Dit was ‘n gesamentlike uitreik-aksie van die Womens Network (Linda Apolisi) en Men for Change (Xa Peter).

Aanvanklik het dit gelyk asof die dorp nie werkloses of minderbevoorregtes het nie. Toe die nuus egter begin versprei, veral by Badisa se kantore, was daar geen keer meer nie. Susan moes bontstaan met die sopskeppery en by die klere moes gekyk word dat elkeen net een kledingstuk vat sodat almal kon kry. Die brood en sop was meer as genoeg - “Vat vir jou sommer twee stukke brood en jy kan nog sop kom kry, hoor?!” is gereeld gehoor.

Nouja, in plaas van moeilikheidmakers op pad selle toe, is daar breed op die sypaadjie voor Gansbaai SAPD se kantore geglimlag - met of sonder tande. Die sop en brood is terdeë geniet en daar is behoorlik onderling gespog oor die klere wat hulle uitgesoek en gekry het.

 
Hardus Botha
 
SAPD se gratis ‘Mandeladag-stalletjie’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...