Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026
This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...
Verteenwoordigers van die VGK-gemeente se Vrouebediening het op 21 Julie 2022 die voorreg geniet om ‘n seminaar, ‘Leef die lewe in Volkleur’ (Live Life in full Colour) by te woon. Die seminaar is in die Endlersaal in die Universiteit van Stellelbosch se Konservatorium aangebied. Die byeenkoms is deur Lynette Beer, 'n motiveringspreker en gedragspesialis, gelei.
Die geleentheid het ten doel gehad om ‘n saadjie te plant oor die waarde wat samekomste van vroue het om wysheid met mekaar te deel. Vroue het onder andere geleer om persoonlikhede beter te verstaan, asook insig oor verskillende temperamente. “Kennis van verskillende persoonlikheids-vaardighede sal vroue in die werkplek beter bemagtig,” het Lynette gesê. “Dit sal ‘n vierkleur-temperamentmodel skep en persoonlikhede volgens vier kleure klassifiseer, wat die ‘gewilde geel, kragtige rooi, vreedsame groen en perfekte blou is’. “In ‘n werksomgewing moet mense hul en ander se temperamente ken om behoorlike verhoudings te kan vestig,” het sy gesê.
“Positiewe veranderinge in Suid-Afrika kan aangehelp word deur mense te leer hoe om hul selfvertroue te ontwikkel,” het Lynette gesê. “Wanneer mense weet wie hulle is en wat hul waarde is, sal hulle weet wat hulle individueel tot die gemeenskap kan bydra.” Een van die ander gassprekers het gesê: “Om te weet wie ons as individue is, en wie ander is, help ons om te erken hoe ons met ander kan saamwerk en die leiding kan neem.”
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!