‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
Die nuwe roman van SD Fourie, geliefde skrywer van onder andere Die Lanternswaaier, Die dooies leef, en Noorman, verskyn binnekort by Protea Boekhuis. Loop saam met haar terug op toegewaaide spore...
Mariza, ’n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat ’n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, ’n jaar later, haar Jack Russell, wat 16 jaar haar metgesel was. Sy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op ’n reis na die Kgalagadi: sy om haar woorde terug te kry, en hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind.
Die twee besef hul verlede het ’n komplekse verweefdheid met mekaar. Mariza en Joubert verskil soms, is ’n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar weet die verlede bepaal soms jou toekoms. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beïnvloed...
SD Fourie het al diep spore in die wêreld van skrywers getrap. Sy woon by die see (Franskraal), het ses kinders, van wie drie aangetroud is, en vyf kleinkinders. Sy sê hulle hou nie van die skrywer nie, want sy steel hul ma en ouma!
SD het reeds drie romans, verskeie suksesvolle dramas en kortverhale geskryf. Die lanternswaaier (2011; in 2014 in Nederland uitgegee) en Die dooies leef (2014) is albei oor RSG voorgelees en albei intussen deur Protea Boekhuis heruitgegee. Noorman is in 2019 deur Penguin uitgegee. Sy is medeskrywer en titelhouer van die bundel hoorbeeld Droomskip en ander radiodramas (2009, Nasou Via Afrika) gerig op die opvoedkundige mark. Die wisselende seisoene, omgewing en lewende karakters is haar passie en vind neerslag in haar skryfwerk.
Radiodramas en hoorbeelde is SD se geliefkoosde genre waarvoor sy al verskeie pryse ontvang het. Sy was ook dramaturg van ‘n hele paar bekroonde Laerskool produksies. Sy is ook ‘n ywerige skrywer van rubrieke, kortverhale, kontreikuns, reisverhale en baie meer. Om volledig oor ‘uit die pen van SD’ te skryf, sal sonder twyfel ‘n boek verg en nie ‘n koerantberig nie - as befaamde skrywer is SD Fourie ‘n trotse aanwins vir ons omgewing - dankie, SD!
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.