‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
“Ek het van kindsbeen af ‘n groot liefde vir skuite en die see,” vertel Johan van Dyk. “Ons het naby die hawe gewoon en ek het my altyd verwonder aan die skuite wanneer dit gebou of herstel word en op hierdie wyse het ek waardevolle kennis opgedoen.” Johan sê hy was só klein toe hy saam met sy pa see toe begin gaan het, dat hy nie eers kan onthou hoe oud hy was nie.
“Hierdie twee skuite het ek self en uit my kop gebou, sonder enige getekende planne daarvan,” sê Johan. Hy sê sy seun, Jurie, het hom so ‘n keer of wat dopgehou terwyl hy daarmee besig was. Jurie het op ‘n later stadium vir sy pa gesê dit was sy grootste motivering om homself as ‘n argitek te bekwaam: om te sien hoe sy pa net sy gesonde verstand gebruik om so skeppend te kan wees. Nou het Jurie sy pa gevra om die twee skuite vir hom te gee. Hy wil dit in ‘n vertoonkas uitstal, aangesien dit hom by sy beroep uitgebring het.
Die groterige skuit, Gogga (DDF 69) is volgens die model van Mariana, Hennie Ritter (Senior) se skuit, gebou. “Die getal 69 agter die DDF is die jaar waarin ek en my eggenote, Dalene mekaar ontmoet het - 1969,” vertel Johan. “Die skuit se naam, Gogga, was Dalene se troetelnaam,” vertel Johan met ‘n skalkse glimlag. Twee jaar later is Johan met ‘Gogga’ op 2 Oktober 1971 in die huwelik bevestig - verlede jaar was dit ‘n hele 50 jaar gelede!
Johan vertel dat hierdie skuit ‘n 5-man riemskuit is. Hy het dit volledig met alle toerusting gebou, soos roeispane, roer (stuurstang), anker en lewensreddingsgordel. “Aan die begin van die sestigerjare was daar nog sowat 20 van hierdie skuite in Gansbaai Hawe wat visgevang het,” vertel Johan. Sommige van hierdie skuite het wel enjins gehad - óf ‘n Albion óf ‘n Kelven. Dié met enjins het twee brandstoftenks gehad - een vir petrol en een vir voca. Voca was ‘n groen vloeistof, byna soos diesel. Die petrol is gebruik om die enjin aan die gang te kry. Sodra dit geluier het, is die petroltenk toegedraai en die ander tenk met voca is oopgedraai, waarmee die skuit see toe gevaar het.
Die kleiner skuit (DDF 117 A) was ‘n 2-man kano, maar is meeste van die tyd deur net een visserman gebruik. Johan sê die 117 in die nommer DDF 117 A, was sy pa se registrasienommer by die korporasie aan wie hy sy vis gelewer het. Johan sê dat hy ongelukkig nie veel van hierdie kano’s se geskiedenis weet nie. Wat hy wel weet, is dat so ‘n kano in ‘n stadium uitgespoel het en die destydse handige vissermanne van Gansbaai het begin om soortgelyke kano’s te bou.
Almal het van hierdie kano’s as hoogs-seevaardig (veilig) gepraat. Dit was te danke aan die bouvorm van die romp wat die branders ‘weggestoot’ het. “Die onderkant van die rompe is bruin geverf,” vertel Johan. “Die ou mense het geglo die vis ‘dink’ dan dit is rotse en word sodoende nie deur die kano afgeskrik nie.” Die kano’s is meerendeels gebruik om kabeljoue naby Haaiklip te vang.
Hierdie is dieselfde Johan van Dyk wat vir die afgelope 20 jaar die jaarlikse Vissermansdienste gereël het: Desember die Vissermans Dankseggingsdiens en Januarie die Vissermans Verootmoedigingsdiens. In totaal het Johan 39 dienste gereël - net een diens is een jaar as gevolg van Covid afgelas.
“Nou het ek besluit om klaar te maak daarmee,” sê Johan. “Ek het hierdie jaarlikse taak aan ds Hanri Joubert, Deon Naudé en Floors Avenant oorgegee.” Johan sal hulle nog met Desember 2022 se diens bystaan, maar vanaf Januarie 2023 sal hulle met my handleiding wat ek geskryf het, oor die weg moet kom.” Gans-Berg Nuus dra graag sy dank namens die gemeenskap aan Johan van Dyk oor vir 20 jaar se onbaatsugtige diens en harde werk verbonde aan genoemde twee jaarlikse dienste.
So kan ‘n pa onwetend ‘n ‘beroepskeuse’ by sy seun kweek - bloot met die gebruik van sy gesonde verstand en die bou van modelbootjies.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.