Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Laerskool Gansbaai is weer eens baie opgewonde (en trots!) oor die pragtige prestasies van hulle Eisteddfod Solosangers. Op Vrydag, 19 Augustus het hulle nie minder nie as 7 Cum Laude, 12 Goud en 1 Silwer by die Overberg Eisteddfod ingepalm - voorwaar ‘n pragtige prestasie!
“Die beoordelaar, Zander Kritzinger, was werklik beïndruk met die potensiaal en talent van ons deelnemers,” vertel Asanti Smit (klavier-begeleier) wat die leerders vergesel het. “Hy het hulle ook vertel van die Cape Choral Academy Launch op 3 September 2022 in Stellenbosch waarby ‘n uitgesoekte groep van 40 sangers betrokke sal kan raak met wonderlike sanggeleenthede vir die toekoms.”
Dit was trotse oomblikke toe Asanti die geweldige trots en selfvertroue sien waarmee elke LSG-deelnemer hy/sy plek op die verhoog langs die pragtige vleuelklavier in die Hermanus Ouditorium ingeneem het. “Daar het ons leerders hulle unieke en besonderse stemme met die gehoor gedeel,” vertel Asanti. “Daar is sóveel talent by ons skool dat ons nooit mag ophou om dit te ontgin en hulle in hul ontwikkeling te ondersteun nie.”
Hartlik geluk aan elkeen van julle en, soos die beoordelaar gesê het: “Moet nooit ophou sing nie!”
Cum Laude:
Hanro Coetzer, Julia Coetzee, Junior Liebenberg, Liahné Otto, Mieke Groenewald, Sasha-Lee Oliphant en Zia March
Goud:
Amber Ward, Chloe Valentine, Gia Swart, Hannah van Zyl, Isabella Nigrini, Isabelle de Villiers, Krige Kotze, Lia du Toit, Monecia Sauls, Sonika Brand, Surita Viljoen en Sylvie Pretorius
Silwer:
Keauna Prins









Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!