15 Desember 2024: Vissermansdankdiens
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.
Trane van blydskap het gevloei met die oorhandiging van huise in die nuwe uitbreiding van Blompark. Overstrand Munisipaliteit het op Vrydag, 26 Augustus 2022 die eerste van 150 huise in fase 1 van die Blompark-behuisingsprojek aan begunstigdes oorhandig.
Die tweede fase sal wees vir die konstruksie van 100 huise. Bouwerk het reeds begin en sal na verwagting teen June 2023 voltooi wees. Die oorblywende eenhede en gedienste erwe sal oorstaan tot die volgende finansiële jaar soos wat befondsing beskikbaar gestel word.
Eerste aan die beurt was Emily Fourie. Sy het saam met Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se Raadsdame, Riana de Coning, die rooi lint voor haar nuwe huis se voordeur geknip. “Vandag kan ek net die Here dank vir my droom wat waar geword het. Ek is 76 jaar oud en het nog altyd by ander mense gebly,” het Emily met trane in haar oë gesê.
Een van die ander huiseienaars, die 70-jarige Marthinus Engel, het gesê hy is sedert 2007 op die behuisingswaglys. Marthinus het vir bykans 40 jaar by Gansbaai Marine gewerk en het by sy jeugvriend, Samuel Titus, gebly. “Ek is bly dat hierdie voorreg my nie ontneem is nie. Dit is ‘n groot mylpaal vir ons gemeenskap,” het hy gesê.
Nog ‘n bekende in Gansbaai agter Gansbaai Superspar se kassierstoonbanke wat ‘n nuwe huis gekry het, is Mariette Coetzee. Haar pa, Vernon Coetzee het haar vergesel, met ma Dalene wat sonder twyfel ewe opgewonde was. Mariette is al sowat 22 jaar ‘n Gansbaaier en sedert 2001 in diens van Gansbaai Superspar. Sy het by haar ouers gewoon en is oorstelp van vreugde oor haar eie huis. “Ek kan nie eers onthou hoeveel jaar gelede ek al vir ‘n huis aansoek gedoen het nie,” het Mariette met blink-nat oë gesê.
Met haar verwelkomingstoespraak het ‘n jubelende Raadsdame Riana de Coning, gesê sy en die gemeenskap van Blompark en Beverley Hills droom al sedert 2017 van hierdie dag. “Dit was ‘n lang en moeilike pad tot vandag, maar hier is ons uiteindelik en ons is dankbaar. Julle geduld en samewerking is die rede dat julle vandag met ‘n glimlag in jul nuwe huise kan instap. Woon lekker en maak hierdie huise ‘n woning van liefde,” het Riana gesê.
In sy hoofrede het Raadslid Ronald Nutt die ontvangers van die titelaktes aangemoedig om verantwoordelike huiseienaars te wees wat behoorlik na hul eiendom omsien - “dit sluit die versorging van jou huis, jou tuin, jou straat en jou woonbuurt in.” Hy het die nuwe eienaars versoek om waarde tot hulle eiendom toe te voeg en om nie met ‘n geleentheid soos hierdie te mors nie. Hy het ook die erns van ‘n testament onder hulle aandag gebring, asook dat die huise nie verhuur, verkoop of as ‘n spazawinkel gebruik mag word nie.
Wat ‘n bemoedigende geleentheid en voorreg was dít nie gewees - iets waarna die opvolgers op die waglys vir nuwe huisie sonder twyfel in die toekoms na kan uitsien!
(Foto’s: Overstrand Munisipaliteit - Riana Steenekamp)
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.
Die Wheelie Bunch beplan ‘n tweede byeenkoms te Groeneweide wat op Maandag, 16 Desember 2024 plaasvind - Disability Awareness Day.
Marion Island, the larger of the two sub-Antarctic Prince Edward Islands, is a critical breeding ground for seabirds and wildlife...
‘n Man, met 46 onwettige perlemoene in sy besit, is Sondagaand, 24 November 2024 naby Middelkusweg...
The Franskraal Art Route 2024 is around the corner and is not an exhibition to be missed.
Overberg Houtwerkgilde het hulle beitels en alle toerusting wat daarmee gepaard gaan...