‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
‘n Uitstaande skrywer, ‘n teksversorger, ‘n afgetrede predikant. Dit is wie Barend Vos is wat aan die einde van 2018 so stil-stil, saam met sy eggenote Retha, permanent na Pearly Beach verhuis het. Die egpaar woon in hul vakansiehuis wat hulle sedert 1987 besit. “Ons en ons kinders het bykans alle vakansies hier deurgebring,” vertel Barend. “Nou het ons vakansiehuisie ons aftreehuisie geword.”
As skrywer van sowat 25 boeke sedert sy eerste boek in 1998 verskyn het, kan hy sekerlik as ‘n gewilde skrywer beskou word - en hy woon in Pearly Beach, sommer hier in ons midde. Tans is hy veral bekend as skrywer van die bekende Uit die Beek, die oudste Afrikaanse Bybeldagboek wat elke jaar vir die afgelope byna 100 jaar gepubliseer word. “Die 2018-uitgawe was my eerste, en my kontrak met die uitgewers strek tot en met 2024 se uitgawe. Ek beskou dit as ’n groot eer om die skrywer van dié tradisieryke dagboek te mag wees. Dit is besonder harde werk, maar uiteindelik ook baie bevredigend.”
Barend is ook bekend vir sy humoristiese vertellings uit die lewe van ’n dominee in ’n plattelandse gemeente wat al sedert Junie 2000 in die tydskrif LiG verskyn. Dié sogenaamde “Grootseunbriewe” is met verloop van tyd ook in ses bundels vervat. “Ek was bevoorreg dat die nou ontslape Fred Mouton, dié vertellings geïllustreer het, in LiG sowel as in die ses bundels.”
Daar het met verloop van tyd ook drie romans met die Bybel as grondslag uit sy pen verskyn: Eksodus, wat die verhaal van Israel se uittog uit Egipte vertel (2001); Kanaän, wat oor die intog in die Beloofde Land handel (2007); en die onlangse Rut & Boas, ’n liefdesverhaal (Mei 2022). Daar was intussen ook een sekulêre roman, ’n Dorp soos Silwer Streams.
Barend vertel hy is baie trots op die gebedeboek uit Psalms, Die Ewigheid in my Hart, wat in 2015 verskyn het en vier herdrukke beleef het. “Ek is nie seker nie, maar ek reken dit is die sukses van dié boek wat die uitgewers laat besluit het om Uit die Beek aan my toe te vertrou.” Tussen al die skrywery deur bestaan sy dae uit teksredigering wat hy vir ’n verskeidenheid publikasies doen, asook manuskripkeuring en ’n gereelde rubriek vir Volksblad.
Elke toekenning beteken erkenning vir harde werk. Barend sê: “Die wete dat iemand anders jou skryfwerk gelees het en dit die moeite werd geag het om dit te bekroon, is sonder twyfel baie spesiaal.”
Sy eerste Bybelse roman, Eksodus, is in 2002 met die CBSA-prys bekroon, en in 2003 ontvang hy die TM-prys vir kerklike joernalistiek. In 2015 word hy met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon vir een van sy Grootseunstories wat in LiG verskyn het, en in 2016 word die Andrew Murray-prys vir Die Ewigheid in my Hart aan hom toegeken.
Barend is op Prieska in die Noord-Kaap gebore en het in Walvisbaai in die destydse Suidwes-Afrika grootgeword. Ná matriek is hy na die Universiteit Stellenbosch waar hy ’n BA-graad verwerf het, later ook BTh, en toe MTh (Kliniese Pastoraat), asook sy doktorsgraad in 1994.
In 1988 is hy as leraar van die NG gemeente Warrenton in die Noord-Kaap bevestig. Barend en Retha is in 1985 in Stellenbosch getroud. Twee dogters is uit die huwelik gebore - Maria en Anja. Retha was ’n taalonderwyser by die Hoërskool Diamantveld in Kimberley. Barend was meer as 30 jaar lank predikant op Warrenton en die buitepos-gemeente Windsorton. Hy moes in 2018 noodgedwonge vroeë pensioen aanvaar aangesien die gemeente nie meer ’n voltydse predikant kon bekostig nie. “Daarna het ons na Pearly Beach verhuis, en in hierdie stukkie paradys werk ek nou elke dag met woorde,” vertel hy. Hulle is voorwaar ‘n geseënde egpaar, met Barend wat die afgelope reeks Pinksterdienste in Gansbaai met ‘n eiesoortige benadering tot die oordra van die evangelieboodskap gelei het.
*Van Barend se boeke is by Gansbaai Book Exchange beskikbaar, asook by Fynbos-koffie en Geskenkwinkel.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.