Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition
From community safety and conservation success to local achievements and exciting events...
Die onvoorspelbaarheid van ons moeilike winde, reën en seestoestande, kniehalter gereeld die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisies. So was Saterdag, 3 September 2022 ook nie ‘n uitsondering nie - die boothengelkompetisie is na 17 September 2022 uitgestel.
Die gesellige funksie-gees het egter nie daaronder gely nie en die lente-funksie langs prag-versierde tafels het voortgegaan - met 60 gaste wat hulself gate uit geniet het. Voorsitter Robbie Nelson het die verwelkoming en ander administratiewe sake behartig. Hy het ook sy ma, Stienie Nelson, al die pad van Nylstroom af, aan die gaste voorgestel.
Drie wenners van ‘n vorige kompetisie is met prysgeld beloon: Norman Kemm en Miems Burger. Miems het ook wyle Rick Kuises se prys in ontvangs geneem, maar sy het dit aan die bootklub teruggegee. Terselfdertyd is Miems ook as ‘n nuwe lid voorgestel - baie welkom Miems!
Norman Kemm en Miems Burger
Jan Lourens se Musiekfabriek het gesorg dat die voete wat jeuk, behoorlik op die dansbaan geskoffel kon word. Elize Burger en De Wet Gilliomee se smaaklike spyskaart het ook nog nooit teleurgestel nie en die twee getroue hande in die kombuis, Maureen en haar dogter Sherien, het op-en-wakker vir die bediening en opwassery gesorg.
Alles in aggenome, was Saterdagaand weer eens ‘n suksesvolle en gesellige saamkuier tot laataand toe - hand-aan-hand met die lente (so tussen die wind en reën!) in die lug.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreFrom community safety and conservation success to local achievements and exciting events...
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.