Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
Hoe gemaak as jou huis baie hoog bo die grond uittroon en al wat ‘n leer is, is te kort? Dan maak ‘boer-‘n-plan’ en bou sy eie hysbak! “Selfs al het ek ‘n leer wat lank genoeg is, dan moet ek elke keer tot bo klim, ‘n klein stukkie werk doen en dan weer al die pad afklim om die leer aan te skuif, of ek moet van scaffolding gebruik maak, waarvan die op- en afslaan maar ‘n beslommernis is,” vertel Johan Eloff (67) van De Kelders.
Johan vertel dat hy sy hysstoestel self in die Kaap gebou het, ingesluit die gemotoriseerde bak wat soos ‘n hysbak op en af kan beweeg. Johan het nog ‘n stap verder gegaan en die handige hysstoestel so vervaardig dat dit van bo na onder kan ‘opvou’ - dus kon hy dit gerieflik met sy bakkie vanaf die Kaap hierheen sleep.
Johan en sy eggenote, ??????, is ook lede van die Birkenhead Boothengelklub waar sy praktiese ervaring soms handig te pas kom om met iets behulpsaam te wees. “Ons huis soos dit hier staan is deur myself, ??????? en ons kinders vanaf die fondasie gebou,” het Johan gesê. Nou-ja, nie elke gesin in geheel is só handig nie, maar waar ‘n wil is, is ‘n weg.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!