‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
“Ons was bevoorreg tydens die Bietoubos Damesklub se byeenkoms van 16 Augustus 2022 om vir Elana von Zweel as gasspreker te kon kry,” vertel Elizma de Lange van die klub. “Elana het ons ‘n stukkie van die leefwêreld van gehoorgestremdes laat beleef.”
Elana het op ‘n plaas in die omgewing van Bloemfontein grootgeword. Op 4-jarige ouderdom het sy steeds gesukkel om te praat en haar ouers het besef dat dit moontlik ‘n gehoorprobleem is. “Hulle het my by die Skool vir Dowes in Pretoria laat toets,” het sy gesê. “Daar is aanbeveel dat ek daar bly, aangesien my gehoorprobleem ernstig was.” Haar ouers het egter daarteen besluit. Elana se ouma was verbonde aan die Delabat Skool in Worcester en het op die plaas kom bly om haar kleinkinders te leer praat en te onderrig. “Hierdie onderrig was so suksesvol, dat ek later universiteit toe is en vandag is ek ‘n ouditeur.”
“Elana het verduidelik dat klankgolwe in ‘n baan loop,” vertel Elizma. “Sekere faktore kan dit beïnvloed, soos ‘n muur of mense wat praat. Dit kan bepaal hoe effektief die klankgolwe die hoorder bereik.” Elana het ook gesê die mens se ore is net ‘n medium nie - dit hang af van hoe die klankgolwe beweeg - daarom hoor die brein nie elke woord ewe goed nie. Voorts het sy gesê dat gehoortoestelle wel van groot waarde is, maar die gehoor is steeds nie perfek daarmee nie. Die gebruiker moet ten minste vir 6 maande geduldig wees om dit akkuraat ingestel te kry. Klanke moet ook by die gebruiker aanpas. “Nasorgdiens is van uiterste belang ná die verkryging van gehoortoestelle,” het sy gesê.
Elana het na enkele kenmerke by gehoorgestremdes verwys: Hulle is dikwels baie sensitief vir lig (ook liggies van elektroniese-toestelle); Ore en balans werk saam - balans kan dus probleme gee; Hulle leef dikwels oënskynlik in hul eie leefwêreld; Die konsentrasie om behoorlik te kan hoor en verstaan, veroorsaak “hearing fatigue”, wat daartoe lei dat hulle hulself afsonder.
Liplees, gesigsuitdrukking en lyftaal help die gehoorgestremde om beter te verstaan. As die persoon dus intens staar, konsentreer hulle om behoorlik te kan hoor en dit is nie omdat hulle kwaad is nie. Om van bogenoemde bewus te wees, help dit die gehoorgestremde om die ‘spreker’ beter te verstaan. Elana het ook haar dienshond, Allegra, saamgebring. “Daar word onderskei tussen gidshonde wat visueelgestremde persone help en dienshonde wat ander gestremdes help,” het sy gesê. “In my geval is Allegra my ekstra ore.”
Wenke om dienshonde te benader: Moenie die hond aanraak, vryf of vertroetel nie. Dit trek sy aandag van sy werk af. Indien ‘n persoon naderstap om die dienshond te vertroetel, kan die hond sy eienaar onverwags van balans afruk. Groet altyd die gehoorgestremde van voor, sodat hy/sy en die dienshond bewus is van die naderende persoon en nie skrik indien iemand van agter af praat nie. “Ek reis dikwels en Allegra, my ekstra ore, reis oral saam met my,” het Elana gesê. “Reg oor die wêreld is daar hotelle en restaurante wat dienshond-vriendelik is, maar soms kan onkundigheid oor die werk en die nut van so ‘n dienshond probleme veroorsaak.”
Elizma sê die saamkuiery was gesellig, om nie van die onverbeterlike versnapperings te praat nie. “Na ‘n baie insiggewende praatjie kon die Bietoubossers terugkeer huis toe met groter begrip wat teenoor gehoorgestremdes getoon moet word - maar ook hoe om hulle eie gehoorprobleme te hanteer.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.