Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
“Ons is ‘Girls Power’,” het Saskia van Zyl, met ‘n pure ‘Me Spiere-houding’ gesê! Dis nou met die geverwery van die binne-mure van Gans-Berg Nuus se kantoor op Saterdag, 10 September 2022. Die span dames het behoorlik baljaar met die verf, kwaste en rollers (maar ook hard gewerk!).
Michelle van Zyl (eienaar), Saskia van Zyl, Alethea Baytopp en Heleen Greyling het hulle goed van hulle taak gekwyt en mag maar enige tyd verfwerk aanpak, dit is nou nie altemit nie. Die joernalis kon ongelukkig nie help nie - iemand moet tog die foto’s neem en berigte skryf, nie waar nie?!
Die verwery het saamgeval met Gans-Berg Nuus se eie drukkers wat op dieselfde dag geïnstalleer en getoets is en waarmee hierdie uitgawe gedruk is. Ter viering van die drukkers het Anita Botha toe vinnig ‘n smaaklike sjokoladekoek gebak wat Maandag, 12 September 2022 afgelewer is en baie vinnig tot in die helfte verorber is.
Gans-Berg Nuus, oorkant die Poskantoor in die Protea Sentrum, se personeel voel werklik trots op hierdie prestasie van hul eie drukkers - natuurlik ook oor die nuut-geverfde binne-mure! Meegaande is enkele ‘before’-foto’s. Die ‘after’-foto’s sal in volgende week se uitgawe geplaas word, met onse dames wat dan ook heelwat skoner sal lyk!
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!