Blog

Franskraal Rolbalklub

Franskraal Rolbalklub

Gans-Berg Nuus / News

Franskraal Rolbalklub

Arrie Nel Apteekgroep Rolbal Borgdag

Veertien rolbalspanne het vir die gewilde Arrie Nel Apteekgroep (Gansbaai Apteek) se Rolbal Borgdag ingeskryf. Van vroeg af was dit net rolbalspelers en balle - van meet af aan was dit duidelik dat die rolbalspelers in ‘n ‘hewige’ stryd gewikkel was.

Die wenners uit 14 spanne was...

1ste - Michael Vermeulen en sy span (12+13); 2de - Jurgens Schreuder en sy span (12+28); 3de - Judy Vorster en haar span (8+5). Kokkie de Kock (President) het die spanleiers van elke span navore geroep om die prysgeld van Emile Calitz, Bestuurder/Apteker van Gansbaai Apteek, te ontvang. Emile en sy geliefde, Simoné Liebenberg, was self ook lede in ‘n span.

Image 1
Die spanleiers van die eerste 3 wenspanne: Judy Vorster (3de plek), Jurgens Schreuder (2de plek) en Michael Vermeulen (1ste plek) saam met Emile Calitz van Arrie Nel Apteekgroep.
Image 2
Kokkie de Kock, President: Franskraal Rolbalklub, saam met die borg van die dag, Emile Calitz en sy geliefde, Simoné Liebenberg. 
Image 3
‘Spinwiel’-wenners: Danie Delport en Peter O’Reilly, met Kokkie de Kock in die middel. 

Voordat die pryse uitgedeel is, is die klub se ‘Spinwiel’ gedraai, met twee goeie pryse vir twee gelukkige spelers op wie se name die ‘Spinwiel’ gaan staan het. Die wenner was Peter O’Reilly wat ‘n duursame koffiemasjien, geborg deur Emile Calitz, gewen het. Tweede was Danie Delport wat ‘n eweneens duursame prys gewen het.

“Wat meer kan ek sê as net baie, baie dankie na só ‘n suksesvolle borgdag soos hierdie,” het Kokkie gesê. “Weer eens baie dankie Emile vir Arrie Nel Apteekgroep se borgskap van vandag!”

 
Hardus Botha
Franskraal Rolbalklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!