Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
Veertien rolbalspanne het vir die gewilde Arrie Nel Apteekgroep (Gansbaai Apteek) se Rolbal Borgdag ingeskryf. Van vroeg af was dit net rolbalspelers en balle - van meet af aan was dit duidelik dat die rolbalspelers in ‘n ‘hewige’ stryd gewikkel was.
Die wenners uit 14 spanne was...
1ste - Michael Vermeulen en sy span (12+13); 2de - Jurgens Schreuder en sy span (12+28); 3de - Judy Vorster en haar span (8+5). Kokkie de Kock (President) het die spanleiers van elke span navore geroep om die prysgeld van Emile Calitz, Bestuurder/Apteker van Gansbaai Apteek, te ontvang. Emile en sy geliefde, Simoné Liebenberg, was self ook lede in ‘n span.
Voordat die pryse uitgedeel is, is die klub se ‘Spinwiel’ gedraai, met twee goeie pryse vir twee gelukkige spelers op wie se name die ‘Spinwiel’ gaan staan het. Die wenner was Peter O’Reilly wat ‘n duursame koffiemasjien, geborg deur Emile Calitz, gewen het. Tweede was Danie Delport wat ‘n eweneens duursame prys gewen het.
“Wat meer kan ek sê as net baie, baie dankie na só ‘n suksesvolle borgdag soos hierdie,” het Kokkie gesê. “Weer eens baie dankie Emile vir Arrie Nel Apteekgroep se borgskap van vandag!”
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!