Blog

Tergende geheim van ‘Elsa on the Run’ is opgelos

Tergende geheim van ‘Elsa on the Run’ is opgelos

Gans-Berg Nuus / News

Tergende geheim van ‘Elsa on the Run’ is opgelos

-Elsa is toe...Skoolhoof Jonathan Doyle-

Laerskool Gansbaai se konsert, Elsa on the Run, is verlede week goed deur die onderskeie gehore ontvang en was ongetwyfeld ‘n baie groot sukses. Maandag, 26 September 2022 is ‘n spesiale en gratis vertoning aan die inwoners van die onderskeie Tehuise vir Bejaardes aangebied, wat terdeë deur hulle geniet en waardeer is - sekerlik met verlange na hul eie skoolkonserte van ‘many moons ago’! Die Gala-aand, ingesluit ‘n smaaklike ete, het uiters gesellig verloop, met luide applous vir die toneelspelers, gepaardgaande met flitsende kameras.

Die hoofkarakters tussen elke toneel, het die gehoor se harte gesteel. Anna (Riané Uys) het bekommerd na haar suster, Elsa, gesoek. Die terggees, Balloo (Ciske Kok) en die pierewaaier, Woody (Arnold Swart) het ewe hard help soek. Links op die verhoog het die pragtige Ursula (Bronwen Casteling) met haar tentakels ‘n wakende ogie oor alles gehou. Regs het die meermin-skoonheid, Ariel (Anje Walker) gesit.

Die eintlike ‘hoofkarakter’, Elsa, is nóóit gesien nie, hoe dan anders, ‘sy’ was mos ‘on the run’. Toe ‘sy’ uiteindelik teen die einde van die konsert gevind word, het ‘sy’ probeer om met die ‘fynste’ ou treetjies (ietwat wankelrig op die hoë hakke!) die verhoog te betree. Julle sal nie glo wie Elsa toe is nie - Skoolhoof Jonathan Doyle! In die rol van Elsa was hy uiters netjies geklee in ‘n ‘boutique’-uitrusting en gegrimmeer soos ‘n wafferse model, met die gehoor wat heerlik oor ‘Elsa’ se verskyning geskaterlag het! Nog meer verrassend, daar hanteer ‘Elsa’ toe sommer ook die bedankings en afsluiting van die prestige Gala-aand.

Wat treffend was van die konsert, is dat elke graad op die verhoog kon optree - met die dames- en manspersoneel wat nie uitgesluit is nie - bravo aan die leerders én personeellede én ouers wat almal betrokke was met die voorbereiding van die konsert. Temas wat gebruik is, is The Jungle Book, The Lion King, Toy Story, Madagaskar, The Little Mermaid, Shrek, Sonic, Shake it Off, Cars, Dance MonkeyTroll’s (damespersoneel), Moana, Sky full of Stars, Zootopia en Frozen (manspersoneel).

Lorraine Kok het die konsert geskryf en die hoofkarakters afgerig - met vele hande en harde werkers (onderwysers en ouers!) wat vir die dekor, musiek, beligting, organisering, Gala-aand-ete en veel meer gesorg het.

 
Hardus Botha
 
Tergende geheim van ‘Elsa on the Run’ is opgelos

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!

Gans-Berg News - 14 October 2026

Gans-Berg News - 14 October 2026

This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...

Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 20...

This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September...

Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.