‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
-Dr Liesel Solyom (Trollope) se kuier-
Dit was net skaterlag (en bietjie trane!) op Maandag, 3 Oktober 2022 in Gansbaai Coffee Co - Liesel (dr) Solyom (Trollope), voormalige en bekende veearts en bewaringsaktivis van Gansbaai en haar seun, Jordan-Scott (15) het vir ‘n paar dae vanuit Nieu-Seeland hier kom kuier. Haar eggenoot, Charles Solyom kon ongelukkig nie die kort besoek meemaak nie. Liesel jarelange vriendin, Lynette van Wyk, voormalige wêreldbekende balletdanser, kon nie wag vir die beplande reünie nie.
“Dit was ‘n wonderlike wedersiens en ons het só lekker en gesellig saamgekuier,” vertel Lynette. Sy het haar foto-albums van toeka se jare, wat haar en Liesel se balletjare ingesluit het, saamgebring en vele emosionele oomblikke vanuit die verlede is saam ervaaar. Lynette vertel dat sy so opgewonde was dat sy spontaan ‘Wrinkle, wrinkle little star, how I wonder what you are’, inplaas van ‘Twinkle, twinkle ......’! “Dis nou oor al die plooie wat ons so deur die jare bekruip het,” het sy laggend gesê. Nog reünie-maats wat by die twee aangesluit het, is Adrie Prinsloo, Lida Oosthuizen, Sheryll Steyn, Tonie van Altena en Wynand en Lerouna le Roux.
Lynette en Liesel se liefde vir ballet het hulle bymekaar uitgebring, met Lynette wat dit haar beroep gemaak het en Liesel wat later besluit het om eerder op veeartsenykunde te fokus. Ironies genoeg, het Lynette op dieselfde tyd as wat Liesel vertrek het in Januarie 2019, besluit om haar balletskoene finaal op te hang.
Liesel het aan die begin van 2019, na baie jare in Gansbaai, na haar nuwe tuiste in die Suide van Nieu-Seeland vertrek. Sy het ‘n pos as veearts vir die Nieu-Seelandse regering met ‘n kontrak van drie jaar aanvaar. Deel van haar pligte was Bio-sekuriteit. “Dit was ‘n baie moeilike drie jaar vir ons in ‘n omgewing waar dit eenvoudig nooit ophou met reën nie en baie koud is,” vertel sy. “Na die drie jaar het ons na Christchurch verhuis,” vertel Liesel. Daar het sy by ‘n privaat praktyk gewerk, maar het intussen ‘n senior regeringspos as Hoof Uitvoer Beampte van Nieu-Seeland in geheel, met ingang van 1 November 2022 losgeslaan. Alle uitvoere van diere-produkte en selfs wyn en heuning, sal onder haar beheer val.
“Dra asseblief my groete aan almal in ons omgewing oor,” het Liesel voor haar vertrek gevra. “Dit was ‘n baie kort besoekie met beperkte geleentheid vir kuier en ek is so jammer dat ek nie almal wat ek ken kon sien nie.” Na slegs ‘n dag moes sy na Pretoria, vanwaar sy na sowat ‘n week weer na Nieu-Seeland terugkeer. Lynette se afskeidswoorde, wat sy by haar ma gehoor het, was: “Berge en Dale ontmoet mekaar nooit, maar mense wel!”
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.