Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
Maandelikse boothengeldae is elke maand ‘n hoogtepunt vir die hengelaars van die Birkenhead Boothengelklub - maar as daar nie see toe gegaan kon word nie, word die maandeindfunksie beslis nie afgelas nie! Wie het dan nou mooi weer nodig om gesellig saam te kuier en te dans?
Die onlangse bootklubfunksie het, soos gewoonlik, gesellig afgeloop, met De Wet Gilliomee en Steve Muller wat ‘yslike steaks’ gebraai het wat behoorlik in die mond ‘gesmelt’ het. Staatmaker Elize Burger, wat saam met De Wet die klub se spyseriering behartig, het net so hard gesorg vir die heerlike bykomende disse.
In die agtergrond was Jan Lourens weer op sy stukke met sy Musiekfabriek vir voete-jeuk musiek tot laataand toe. Hengelpryse vir die hengelaars wat die funksie bygewoon het, is deur voorsitter Robbie Nelson oorhandig. Die gelukkige kaartjienommers wat getrek is, het ‘n bottel wyn aan drie eienaars besorg: Francelle Steyn, Colleen Kemm en Anita Botha. Daarna is daar net geëet, gekuier, gesels en gedans tot laataand toe.
Hengel-pryswenners: Voor - Johan Eloff, Danie du Toit (Jnr) en Robbie Nelson (oorhandiging). Agter - Danie du Toit (Snr), Terry Terblanche en Jan Louw.
Kosmakers: Elize Burger, De Wet Gilliomee en Steve Muller.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!