Birkenhead Boothengelklub: ‘Steaks’ wat smelt in die mond

Birkenhead Boothengelklub: ‘Steaks’ wat smelt in die mond

Gans-Berg Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub: ‘Steaks’ wat smelt in die mond

Maandelikse boothengeldae is elke maand ‘n hoogtepunt vir die hengelaars van die Birkenhead Boothengelklub - maar as daar nie see toe gegaan kon word nie, word die maandeindfunksie beslis nie afgelas nie! Wie het dan nou mooi weer nodig om gesellig saam te kuier en te dans?

Die onlangse bootklubfunksie het, soos gewoonlik, gesellig afgeloop, met De Wet Gilliomee en Steve Muller wat ‘yslike steaks’ gebraai het wat behoorlik in die mond ‘gesmelt’ het. Staatmaker Elize Burger, wat saam met De Wet die klub se spyseriering behartig, het net so hard gesorg vir die heerlike bykomende disse.

In die agtergrond was Jan Lourens weer op sy stukke met sy Musiekfabriek vir voete-jeuk musiek tot laataand toe. Hengelpryse vir die hengelaars wat die funksie bygewoon het, is deur voorsitter Robbie Nelson oorhandig. Die gelukkige kaartjienommers wat getrek is, het ‘n bottel wyn aan drie eienaars besorg: Francelle Steyn, Colleen Kemm en Anita Botha. Daarna is daar net geëet, gekuier, gesels en gedans tot laataand toe.

Image 1

Hengel-pryswenners: Voor - Johan Eloff, Danie du Toit (Jnr) en Robbie Nelson (oorhandiging). Agter - Danie du Toit (Snr), Terry Terblanche en Jan Louw.

Image 2

Kosmakers: Elize Burger, De Wet Gilliomee en Steve Muller.

Image 3
Wynwenners: Francelle Steyn, Colleen Kemm en Anita Botha.
 
Hardus Botha
Birkenhead Boothengelklub: ‘Steaks’ wat smelt in die mond

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!

Gans-Berg News - 14 October 2026

Gans-Berg News - 14 October 2026

This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...

Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 20...

This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September...

Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.