‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
Die Bietoubos Damesklub kom al ‘n baie ver paadjie in Gansbaai, met vele sielsverkwikkende en gesellige maandelikse byeenkomste - en dit geld vir getroudes, weduwees, enkellopendes en eensames. Met elke byeenkoms word iets nuuts uitgedink en aan kreatiwieteit was daar nog nooit enige tekort onder hierdie span dames nie.
Hulle onlangse byeenkoms was pure lente en lente-geure. Die prag-versierde tafels was getooi met kleurvolle ‘satynrose’ - só eg dat sommiges daaraan gaan ruik het, net om dan agter te kom dat dit handgemaak is. Gelukkig het vars kappertjies uit Aletta Löchner se tuin die rose-rangskikkings op die tafels omring. Die tafel wat gewoonlik so half eenkant staan, is natuurlik altyd die fokuspunt wanneer aanbiedinge afgehandel is - hoe dan nou anders, die mees verleidelikste eetgoedjies is gewoonlik daar uitgestal - in hierdie geval was dit vars vrugteslaai en egte roomys.
Aletta Lóchner en Marie de Jager en hulle span wat vir die byeenkoms verantwoordelik was, het met ‘n pure lente-tema weggespring: die dames moes met mimieke spesifieke Afrikaanse liedjies demonstreer - gepaardgaande met skaterlag oor al die sirkus-mannewales wat aangevang is, veral as die res nie kan agterkom wat die liedjie se naam is nie. Die begeleier was niemand anders nie as Pikkie Louw, die NGK se orrelis - die enigste doring tussen die klomp rose, maar hy het die groep dames met absolute deernis hanteer. Die dames wat sommer vinnig-vinnig kon raai watter liedjie word voorgestel, is met ‘n lekkertjie as prys vergoed.
Die liedjies wat gebruik is vir die mimiek-vertonings, is Die trein na Matjiesfontein (Anita Botha), Sing jy van blomme of sing jy van geld (Marie de Jager), Ek verlang na jou (Glauda Andrews), Bootjie na Kammaland (Aletta Löchner), My Oom se motor is ‘n ou masjien (Leonie Botha) en Oom Jan sny koring op die land (al die aanbieders). Te oordeel aan hierdie liedjie-name, kan mens jou net voorstel watse mannewales uitgevoer moes word om almal te laat raai oor die liedjies se name - sirkusposte sou maklik gevul kan word.
Na al die geskaterlag vir die kostelike bewegings om die liedjies te demonsteer, is daar heerlik saamgekuier en geklets dat Gansbaai se berg antwoord gegee het. Belangstellendes in die Bietoubos Damesklub kan gerus vir Elizma de Lange by 082 511 2743 skakel.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1...
The Trans Enduro is a remarkable event with a longstanding tradition in the South African Military, dating back to the early 1980s...
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.