Seastars Triomfeer as Liga Wenners

Seastars Triomfeer as Liga Wenners

Gans-Berg Nuus / News

Image

Seastars Triomfeer as Liga Wenners

Seastars Netbalspan is 2022 se Eerste Liga Wenners - baie geluk aan die span!

Die span het vanjaar behoorlik skouer aan die wiel gesit en bo aan die ‘log’ van hulle afdeling geëindig. Hulle is baie trots op hierdie prestasies en hoop om die nuwe seisoen weer op ‘n hoë noot af te skop soos wat hulle geëindig het.

Nuwe en jonger bloed, gepaardgaande met ‘n uitstekende onderlinge spangees, het hulle vanjaar floreer op die netbalbane. Belangstellendes in netbal word hartlik genooi om by ons te kom aansluit. Hulle Spankaptein, Adel Klotz, se leuse is: “Een vir almal, almal vir een!”

Hulle spog daarmee dat hulle hard saamwerk, maar dat hulle nóg harder saamlag! “Ons bou goeie verhoudinge en smee vriendskapsbande wat goud werd is,” sê Adel. “Ek is trots op die span en my beker loop oor van dankbaarheid!” Die klub se trotse lede het verlede jaar hulle 10de bestaansjaar gevier en voel tevrede dat hulle net van krag tot krag gegroei het.

Vir navrae kan Adel Klotz (spankaptein) by 082 908 9356 geskakel word, of kontak hulle korrespondend, Natasha Julies, by 073 817 5505.

 
Hardus Botha
Seastars Triomfeer as Liga Wenners

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...