Birkenhead Boothengelklub: Kompetisie Uitslae...
Die Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
“Overberg Kushengelklub het verlede jaar met 'n volle week van hengel begin en dit was 'n groot sukses,” vertel Elba Tredoux van die klub. “Vanjaar is daarop voortgebou, met 'n totaal van ongeveer 30 hengelaars wat elke dag vanaf Maandag tot Saterdag, 3 tot 8 Oktober 2022, lyne natgemaak het.”
Elba sê die weer het ongelukkig nie so goed saamgespeel nie. Sterk en hoë deinings met bitterlik baie wind het die hengeldinge erg deurmekaar gekrap. Die manne en vroue het hul bes gedoen en elke dag is daar darem 'n paar visse uitgetrek. “Dit was baie harde werk en slegs as jy lief is vir hengel, het jy die weer trotseer,” sê sy. Die formaat van die kompetisie was om elke aand in te weeg, met 'n wenner van die dag, asook die normale maandkompetisie van Saterdag. Baie pryse is elke dag toegeken.
“Nege karavane het sommer by die klubhuis gekamp en elke aand is heerlike kos vir almal voorberei,” vertel Elba. “Ons was baie bevoorreg dat ons musiekfabriek 'n paar aande heerlike musiek verskaf het wat die voete behoorlik laat jeuk het.” Elba sê hulle was bevoorreg met die hengellegende, Oom Stompie Heins en Tannie Linda wat Saterdagaand saam met hulle gekuier het. Oom Stompie, ook 'n Springbok Hengelaar, het die pryse oorhandig.
Mias Albrecht (1ste); Piet Groenewald (2de); Sihan Toua (3de). Dit was harde werk, baie geluk! Piet Groenewald was die wenner van die Grootste Galjoen - baie geluk Piet! “Die manne se arms was veels te min om al die pryse en geskenke in ontvangs te neem!” Die gelukkige wenner van die lootjietrekking vir 'n prag-visstok van Jacita's Fish & Tackle Shop in Brackenfell, was Okkie van der Merwe. “Mens mag nie jaloers wees nie, maar aitog, dis darem 'n meneer van ‘n visstok!”
Sonder borge is so 'n geleentheid nie moontlik nie, baie dankie aan die volgende persone/instansies: Jacita's Fish & Tackle Shop; Battery Centre, Kuilsrivier; Hippo Ready Mix; Goch & Cooper; Gbay Biltong & Deli; Aan de Doorns Kelders; Brandvlei Kelders; Pietersbult Wynverspreiders; Mouton Boerdery; Citrusdal; Ockie van der Merwe; Van Blommenstein Slagtery, Hermanus; Jonnie Hanekom; Twakkie du Toit; Piet Groenewald; Eldo en Lanita Marais, asook 'n paar anonieme skenkers.
“Ons sal graag, as dit ons beskore is, hierdie 'n jaarlike instelling wil maak,” vertel Elba. “Dit is ‘n aangename geleentheid om ‘n gedeelde stokperdjie en goeie vriendskappe te waardeer.” Alles in aggenome, was dit 'n baie lekker en vrolike week met min vis of te nie,” het Elba afgesluit. “'n Paar manne en vroue het hard gewerk om die week vlot te laat verloop - ‘n groot dankie ook aan elkeen van hulle!”
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
The Overberg Police Service is without any doubt ready for the Overberg Festive Season.
Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch...
Al gehoor van ‘n Porseleinpop ‘Koningin’? Mada Vorster van Franskraal verdien beslis hierdie ‘titel’.
A Belgian couple, Chris Vleugels and his wife, Tessa, visited Gansbaai for a second time on Friday, 1 November 2024.
Gansbaai NG-gemeente vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar - 1944 tot 2024...