Geskiedkundige Kultuuraand vir LSG

Geskiedkundige Kultuuraand vir LSG

Gans-Berg Nuus / News

Geskiedkundige Kultuuraand vir LSG

-‘Lighuis Drome’-

Die eerste en ook geskiedkundige Kultuuraand van Laerskool Gansbaai (LSG) op Vrydag, 21 Oktober 2022 het vir groot opwinding gesorg. Vroegaand is die Johan Smit Lokaal amptelik geopen (sien berig in hierdie uitgawe). Die hoogtepunt van die Kultuuraand was die aanbieding van ‘n luisterryke konsert, Lighuis Drome onder leiding van die organiseerders, Asanti Smit en Carla du Toit, in samewerking met Alana Louw. 

Met die inisiatief vir ‘n Kultuuraand in gedagte, het Carla en Asanti koppe bymekaar gesit en kon LSG se eerste Kultuuraand aangebied word. Lighuis Drome het ‘n pragtige en humoristiese storielyn gehad wat deur Carla en Leandie Du Val geskryf is. Die Senior- en Junior Skoolkore het onder klavierbegeleiding van Asanti opgetree, met Carla as die dirigent.

“Hierdie twee mammas het letterlik in ‘n week, met maksimum ‘n uur per dag as gevolg van die eksamens, die konsert se formaat uitgewerk, voorbereidings getref en die leerders vir hulle onderskeie rolle afgerig, maar hulle het hulself oortref,” het Alana gesê. Daarna het sy ‘n blyk van waardering aan hulle oorhandig. Die tafels is pragtig versier en het bygedra tot die gesellige atmosfeer in die saal - die tema moes iets van Lighuis Drome weerspieël. Lena Cilliers het die tafels beoordeel en die wenner was Jaunene Otto, tafel no 12 se gasvrou.

Die aand het afgeskop met die twee skoolkore, gevolg deur Eisteddfod Cum Laude gedigte en solo-sang items, asook ‘n duet. ‘n Gimnas, klaviersolo, dansitem en dromspelertjie, afgewissel met die koorsang van altwee die kore, het die aand verder ingekleur en vir ‘n interessante verskeidenheid gesorg. Die bekende Poco Musica Musiekskool van Asanti se leerders het gewys waartoe hulle met musiek-instrumente in staat is. Die aanbieders van die aand was Riané Uys en Arnold Swart, met die aankondiger as Isabella Nigrini, almal leerders van LSG.

Die aand is afgesluit deur nog twee opwindende eerstes vir die skool - Asanti se Poco Musica Musiekskool Orkes, bestaande uit 16 van Laerskool Gansbaai se leerders, het ‘When the saints go marching in’ gespeel (klaviere, klawerborde, blokfluite, kitaar, autoharp, glockenspiel en perkussie instrumente). Die hoogtepunt van die aand was ongetwyfeld die massakoor van die skool wat Siyahamba in drie tale gesing het - die energie in die saal was tasbaar!

Bravo aan Asanti en Carla, asook alle ander rolspelers! Dit was beslis ‘n belegging in elke deelnemer en die gehoor se harte - ‘n besondere kultuur ervaring!

Image 1
Jonathan Doyle (skoolhoof) saam met Carla du Toit (links) en Asanti Smit.
Image 2
Senior Skoolkoor.
Image 3
Junior Skoolkoor.
Image 1
Poco Musica Musiekskool Orkes van Asanti Smit.
Image 2
Die twee hoof-rolspelers, Carla du Toit en Asanti Smit.
Image 3
Kay Sauls, Alana Louw en die wenner-gasvrou, Launene Otto.
 
Hardus Botha
 
Geskiedkundige Kultuuraand vir LSG

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...